Dinsdag 19 April 2022

Brander en ander: Kadawers - Tanya van Buuren Botma (Woordstrukture)

Woordstrukture

 

1.

As Eva sien hoe (sukses – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ en (gelukkig – intensiewe vorm) ___ haar vriende is, voel dit asof haar eie lewe 'n (misluk – afgeleide naamwoord) ___ is.

2.

Op skool was Eva en Linda (goed – oortreffende trap) ___ vriende, maar dit het (change – Afrikaans) ___ toe Linda met Daniël begin uitgaan het.

3.

Daniël dra 'n (wind + breek – saamgestelde naamwoord) ___, en omdat dit (swart – intensiewe vorm) ___ is, dink Eva hy is 'n goth.

4.

Henno slag 'n gans in die koshuis se (shower – Afrikaans) ___ en braai dan die (slag – deelwoord) ___ gans vir die rugbyspelers, want hulle is lief vir (vlees, vlies, vleis – regte woord) ___.

5.

Juffrou Slabbert is die (nuut – regte vorm) ___ biologie-onderwyseres. Sy is ook 'n (kwalifiseer – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ sielkundige en het begrip (met, vir, tot – regte voorsetsel) ___ Daniël se situasie.

6.

Linda skryf (briewe – verkleining) ___ vir juffrou Slabbert (waar, in wat, waarin – regte betreklike voornaamwoord) ___ sy haar vra om (geduld – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ met Daniël te wees.

7.

Daniël se stiefpa het die klein katjies op 'n (wreed – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ manier met 'n krieketkolf (doodslaan – regte vorm) ___.

8.

Juffrou Slabbert vertel 'n (lieg – afgeleide naamwoord) ___ as sy sê 'n ander onderwyser het die bottel kat-embrio's by haar (verleen, geleen, geleun – regte woord) ___.

9.

Eva besef eers 'n (tien jaar – een woord) ___ later dat Daniël daardie aand die kat-embrio's (buried – Afrikaans) ___ het en dat hy nie besig was om te lag nie, maar om te (lag – antoniem) ___.

10.

Eva sien op 'n foto dat Linda en Daniël steeds (verlief – intensiewe vorm) ___ en (gelukkig – intensiewe vorm) ___ is, maar haar eie lewe is (chaos- afgeleide byvoeglike naamwoord).) ___.

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking