Woensdag 20 April 2022

Brander en ander: Kadawers - Tanya van Buuren Botma (Sinstrukture)

Sinstrukture

1.

Eva wil vriende met Linda wees. Sy wil nie vriende met Daniël wees nie.

 

Alhoewel …, …

2.

Daniël is 'n seun. Almal skinder agter sy rug van hom.

 

Daniël is 'n seun van wie …

3.

Hy rook gedurende pouses om kalmer te voel.

 

Hy rook gedurende pouses sodat …

4.

Hy gaan na die begraafplaas toe om te rook.

 

Die begraafplaas is die plek …

5.

Daniël vra beleefd of hy by Eva en Linda in die biologieklas mag sit.

 

Daniël vra vir Eva en Linda: "…"

6.

Eva antwoord: "Daar is nie genoeg plek vir al jou demone nie.

 

Volgens Eva …

7.

Eva hou nie van Daniël nie. Henno hou nie van Daniël nie.

 

Nóg …

8.

Linda en juffrou Slabbert wil Daniël graag help.

 

Linda en Juffrou Slabbert wil graag probeer …

9.

Daniël se stiefpa het 'n klomp klein katjies doodgemaak.

 

'n Klomp klein katjies …

10.

Daniël is ontsteld om die kat-embrio's in die glasbottel te sien.

 

Daniël is ontsteld as …

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking