Woordstrukture
1. |
Sarita is (verlief – intensiewe vorm) ___ op die (rugby + speel – afgeleide naamwoord) ___, Stef, en fantaseer gereeld (oor, met, van – regte voorsetsel) ___ hom. |
2. |
Sy dink dat Petrus haar (liefhet – antoniem) ___, daarom (terroris – afgeleide werkwoord) ___ hy haar gedurig. |
3. |
Sarita se (privaat – afgeleide naamwoord) ___ is vir haar baie (important – Afrikaans) ___ en niks maak haar (kwaad – vergrotende trap) ___ as wanneer haar broer by haar kamer instorm nie. |
4. |
Petrus gryp Sarita se dagboek en vind die inskrywings oor Stef (snaaks – intensiewe vorm) ___. Hy (plan – afgeleide werkwoord) ___ hoe hy dit tot sy eie voordeel kan gebruik. |
5. |
Petrus neem (confidential – Afrikaans) ___ gesprekke met Sarita op, want hy is nie (populêr – sinoniem) ___ nie en wil graag die rugbyspelers vermaak. |
6. |
Stef is baie (hoogmoed – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ en (snob – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ oor die aandag wat hy van die (miesies, meisies, muisies – regte woord) ___ kry. |
7. |
Sarita loop by die seunsbadkamer verby wanneer sy 'n (opneem – afgeleide naamwoord) ___ van haar (uie, eie, eier – regte word) ___ stem hoor. |
8. |
Sy is (curious – Afrikaans) ___ en gaan (naby – vergrotende trap) ___ om te hoor wat aangaan. (Meteens – sinoniem) ___ hoor sy 'n (harde – intensiewe vorm) ___ gelag in die kleedkamer. |
9. |
Petrus sê dis baie (maklik – antoniem) ___ om nie vriende te hê nie. Hy (herken, erken, verken – regte woord) ___ dat hy ook verlief op Stef is en Sarita vind dit (skok – afgeleide deelwoord) ___ nuus. |
10. |
Petrus se (verraai – afgeleide naamwoord) ___ is die ergste (ervaar – afgeleide naamwoord) ___ in Sarita se lewe, selfs (erg – oortreffende trap) ___ as sy afknouery. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking