Brander en ander: Judasbroer – Santie Nel (Kommunikasie)
Elke respons moet 15–20 woorde lank wees.
1. |
Petrus bars ongenooid by Sarita se kamer in en Sarita is woedend. Sy jaag hom weg en maak 'n sarkastiese aanmerking. Wat sê sy? |
2. |
Petrus beledig Sarita oor haar gewig en spot met haar daaroor. Wat sê hy? |
3. |
Sarita droom hoe sy en Stef saam by die matriekafskeid is. Terwyl hulle dans, komplimenteer hy haar oor hoe mooi sy lyk en hy fluister liefdeswoorde in haar oor. Wat sê hy? |
4. |
Sarita hoor wat in die seunsbadkamer gesê word. Sy is geskok en kan nie glo wat Petrus vir die ander seuns vertel nie. Sy sê oor en oor vir haarself dat sy verkeerd gehoor het. Skryf die woorde neer wat sy dink. |
5. |
Petrus voel baie sleg oor wat hy aan Sarita gedoen het. Hy vra vreeslik verskoning en maak allerhande mooi beloftes. Wat sê hy vir haar? |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking