Sondag 20 Februarie 2022

Brander en ander: Varing - Jaco Jacobs (Sinstrukture)

Sinstrukture

1.

Tasha het die vorige dag 'n tatoe van 'n varingblaartjie gekry.

 

Die vorige dag …

2.

Hulle is nou op pad om vir haar ouma te gaan kuier.

 

Hulle is nou op pad sodat …

3.

Die tatoe is naby Tasha se roksoom. Niemand kan dit sien nie.

 

Alhoewel …, …

4.

Het jy al 'n tatoe op jou bobeen laat aanbring?

 

Nee, …

5.

Ouma Lana wil weet: "Tasha, gaan jy en die seun met die tatoes nog uit?"

 

Ouma Lana wil weet of …

6.

Ouma Lana vra: "Tasha, gaan jy en die seun met die tatoes nog uit?"

 

Tasha antwoord: "Nee Ouma Lana, …

7.

'n Mens met tatoes moet skaam daaroor wees.

 

'n Mens met tatoes hoef …

8.

Die mans braai die vleis terwyl die vrouens skindernuus uitruil.

 

Die vleis … terwyl skindernuus …

9.

Tasha bring die res van die dag in die badkamer deur.

 

Die badkamer is die plek waar …

10.

Tasha steek haar tatoe weg. Sy is bang vir haar pa se reaksie.

 

Aangesien …, …


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking