Saterdag 19 Februarie 2022

Brander en ander: Varing - Jaco Jacobs (Woordstrukture)

 Woordstrukture

1.

Tasha hou nie van haar (neef – verkleining) ___ Drikus nie. Sy dink hy is (irriteer – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ en (respek – afgeleide werkwoord) ___ nie sy suster Inge nie.

2.

Alhoewel tannie Ina (gaaf – sinoniem) ___ is, het sy 'n (gevaar – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ angel en Tasha (trou, wantrou, vertrou – regte woord) ___ haar nie.

3.

Ouma Lana hou nie van (tatoe – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ mans met (brul – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ motorfietse nie.

4.

Ouma Lana woon in 'n (yslike – sinoniem) ___ huis met 'n groot swembad en lapa. Sy is 'n (baie ryk) ___ en energieke (vrou wie se man dood is – een woord) ___

5.

Tasha se (klein – intensiewe vorm) ___ tatoe van 'n (varing – verkleining) ___ is onder haar romp (wegsteek – regte vorm) ___

6.

Rick het baie (cautiously – Afrikaans) ___ gewerk en haar glad nie (seermaak – regte vorm) ___ nie.

7.

Tasha het 'n paar (foto – meervoud) ___ van haar ma op haar kamera gevind. Haar ma het 'n (blom – afgeleide deelwoord) ___, skraps (bikini – verkleining) ___ gedra.

8.

Haar ma het (doodgegaan – sinoniem) ___ toe die motor se band op een van die (snelweg – meervoud) ___ gebars het.

9.

Tasha wens sy kon die (glimlag – afgeleide deelwoord) ___ man op die foto (meet – Afrikaans) ___. Haar ma lyk (geluk – vergrotende trap) ___ saam met hom as saam met haar pa.

10.

Tasha is selfs nog (opgewonde – vergrotende trap) ___ oor haar (groei – afgeleide deelwoord) ___ tatoe as toe sy dit die vorige dag gekry het.

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking