Vrydag 18 Februarie 2022

Brander en ander: Varing – Jaco Jacobs (Kommunikasie)

 Brander en ander: Varing – Jaco Jacobs (Kommunikasie)

Elke respons moet 15–20 woorde lank wees.

 

1.

Tasha is by Rick en hy is gereed om die tatoe op haar bobeen aan te bring. Sy is bang dat dit seer gaan wees. Wat sê Rick om haar te troos en gerus te stel?

2.

Tannie Ina sien dat Tasha 'n tatoe aan haar bobeen het. Sy is uiters geskok en wil weet hoekom Tasha iets so onverantwoordeliks gedoen het. Wat sê sy vir Tasha?

3.

Drikus spot vir Inge oor haar vrypuisies en Inge begin huil. Ouma Lana raas met Drikus en probeer Inge troos. Wat sê sy vir haar twee kleinkinders?

4.

As Tasha in die badkamerspieël kyk en sien hoe groot die tatoe gegroei het, is sy baie opgewonde en bly en sy kan nie 'n uitroep onderdruk nie. Wat sê sy terwyl sy na haarself kyk?

5.

Ouma Lana ontmoet Rick en sien sy tatoe. Sy hou nie van Rick nie en maak 'n sarkastiese aanmerking. Wat sê sy vir hom?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking