AANDEELHOUER Alta Marincowitz
1. |
Twee verskillende registers word in hierdie gedig gebruik. |
1.1 |
Hoe sal jy die register beskryf wat die onderwyser gebruik? |
1.2 |
Hoe sal jy die register beskryf wat die skoolseun gebruik? |
2. |
"Gaan hy ook eendag in sy pa se voetspore volg?" In watter sektor van die ekonomie werk die spreker se pa skynbaar? Kies die regte antwoord uit die volgende: |
A |
die vervaardigingsektor |
B |
die finansiële sektor |
C |
die landbousektor |
D |
die toerismesektor |
3. |
Watter woorde sê dat die seun vasbeslote is om nie in sy pa se voetspore te volg nie? |
4. |
Haal die woorde aan wat verwys na taal wat nie almal sal verstaan nie. |
5. |
Hoe bring die spreker skynbaar sy tyd deur wanneer hy nie in die skool is nie? Noem twee moontlikhede. |
6. |
Wat laat die meisies se bloedruk "opwaarts neig" volgens die spreker? |
7. |
Wat beteken "stewige lopies" … |
7.1 |
op die aandelebeurs? |
7.2 |
op die krieketveld? |
8. |
Wat beteken "beurs" … |
8.1 |
vir die seun? |
8.2 |
vir die pa? |
9. |
"en anyway who cares …" Wie gee wel baie om oor die prys van koring, mielies en sonneblom? |
10. |
Gee 'n voorbeeld van 'n argaïsme uit die gedig. |
Antwoorde:
1.1 |
'n formele register, selfs effens hoogdrawend |
1.2 |
'n informele register, waar sinne deurspek is met Engelse woorde |
2. |
B |
3. |
"No ways" |
4. |
"baie hoog woorde" |
5. |
Hy neem deel aan sport, of dalk oefen hy in 'n gimnasium. |
6. |
Die seun se gespierde lyf |
7.1 |
Dit verwys na aandeelpryse wat skerp styg. |
7.2 |
Dit beteken dat baie krieketlopies aangeteken word. |
8.1 |
'n leerhouer waarin 'n mens jou geld kan ronddra |
8.2 |
Die finansiële instansie (aandelebeurs) waar aandele daagliks gekoop en verkoop word. |
9. |
die boere/produsente |
10. |
"jongeheer" |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking