Woensdag 21 Julie 2021

Taaloefeninge

HADEDA VLIEG ROND – MET PYL IN RUG

Sinstrukture

1.

"Eina!" skree die hadeda, "iemand het my met 'n pyl in my rug geskiet."

 

 

Die hadida skree van pyn dat hy …

1

2.

Sedert Woensdag vlieg die hadeda die hele tyd in die Greenside-omgewing rond.

 

 

Sedert verlede Woensdag is die hadeda besig om ...

1

3.

Dit lyk nie of die pyl die hadeda pla nie. Hy vlieg orals daarmee rond.

 

 

Dit lyk nie of die pyl die hadeda pla nie, aangesien …

1

4.

Hulle probeer nou om die voël te vang en die pyl te verwyder.

 

 

Hulle probeer nou om die voël te vang sodat ...

1

5.

Hulle moet die pyl uithaal, want dit veroorsaak pyn.

 

 

Hulle moet die pyl uithaal, want later ...

1

6.

Weldoeners moet die hadeda eers vang voordat hulle die pyl kan verwyder.

 

 

Die hadeda ...

1

7.

"Hy is 'n gesonde, vliegfiks voël. Hy vlieg van een dak na 'n ander," sê Murray.

 

 

Murray sê dat ... en mense sien gereeld hoe ...

2

8.

Die hadeda is 'n gesonde voël. Hy is ook 'n vliegfiks voël.

 

 

Die hadeda is sowel ...

1

9.

Ons gaan hom oor die volgende paar dae in een van die erwe probeer voer.

 

 

Oor die volgende paar dae ...

1

10.

Het jy al ooit 'n hadeda met 'n pyl in sy rug gesien?

 

 

Nee, …

1

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking