Dinsdag 20 Julie 2021

Taaloefeninge

HADEDA VLIEG ROND – MET PYL IN RUG

Woordstrukture

 

'n Mens kry deesdae baie 1(hadeda's, hadedae, hadedas – kies die regte woord) ___ in ons 2 (stad – gee die meervoud) ___ en hulle is 'n bekende 3 (sight – gee die Afrikaans) ___ in baie tuine.

 

3

 

 

'n Hadeda is onlangs in 4 (Jhb – skryf die woord) ___ met 'n pyl in die rug geskiet terwyl hy 5 (geflieg, gevlieg, gevlug, gelieg – kies die regte woord) ___ het.

2

 

 

Dis die 6 (een – gee die rangtelwoord) ___ keer dat mense 'n hadeda met 'n pyl in die rug gesien het en almal praat 7 (oor dit, daaroor, daarvoor – kies die regte woord) ___.

 

2

 

 

Voëls se 8 (rug – gee die meervoud) ___ is 9 (sensitief – gee die vergrotende trap) ___ as ander plekke op hul 10 (lywe – gee 'n sinoniem) ___, maar hierdie hadeda is gelukkig nie ernstig 11 (seer – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ nie.

 

4

 

 

Sy rug kan egter baie 12 (pyn – gee 'n afgeleide bywoord) ___ word as die pyl nie 13 (uitgehaal – gee 'n sinoniem) ___ word nie.

2

 

 

Brendan Murray het 14 (help – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ aangebied om die hadeda te vang, maar sodra hulle tot die hadeda se 15 (red – afgeleide naamwoord) ___ wil kom, vlieg hy 16 (onmiddellik – gee 'n sinoniem) ___ weg.

 

3

 

 

As hulle nie 17(vinnig – gee die intensiewe vorm) ___ optree nie, kan die voël infeksie kry. Dit neem egter baie 18 (lank – gee die vergrotende trap) ___ as wat hulle gehoop het.

 

2

 

 

Sodra die hadeda verskyn, sit hulle hom agterna, maar dan 19 (verskyn – gee 'n antoniem) ___ hy weer net daarna. Die weldoeners vind dit baie 20 (frustrasie – gee 'n afgeleide bywoord) ___

 

2

 

 

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking