Dinsdag 22 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 20

SINSTRUKTURE

Ontkennende vorm

Beantwoord die volgende vrae in die ontkennende vorm:

 

1.

Het Barries al voorheen onder Stef en Olga se bed weggekruip?

 

Nee, ...

2.

Is daar iewers anders waar Barries kon wegkruip toe Stef tuisgekom het?

 

Nee, ...

3.

"Barries, het iemand jou aan jou arms in die gang afgesleep?"

 

"Nee, ..."

4.

Was daar iets wat Barries kon doen om van Stef af weg te kom?

 

Nee, ...

5.

Is dit die eerste keer dat Jona 'n hoender doodbyt?

 

Nee, ...

6.

Het Barries al ooit iets reg gedoen, volgens Stef?

 

Nee, volgens Stef ...

7.

Is Paul en Stef nog vriende nadat Paul Stef geslaan het?

 

Nee, ...

8.

Is daar nog iemand wat graag vir Stef wil uitslaan?

 

Nee, ...

9.

Het sowel Paul as Barries op Kersdag tuisgebly?

 

Nee, ...

10.

Moet Barries verskoning vra dat hy in Olga se slaapkamer was?

 

Nee, Barries hoef ...


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking