Dinsdag 22 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 20

 

Gemengde oefening

 

Skryf die onderstaande sinne oor soos aangedui:

 

1.

Volgens Stef het Barries se koms dinge net kom deurmekaarkrap, want Paul kies gedurig Barries se kant.

 

Stef sê: "Barries, ..."

2.

Barries is nie 'n Barnard nie, want Paul is nie sy regte pa nie.

 

Barries sal nooit ... omdat ...

3.

Barries se ma is deur 'n man verkrag en nege maande later is Barries gebore.

 

'n Man ...

4.

Olga kan nie glo dat Stef vir Barries hiervan vertel nie.

 

Olga kan nie glo dat Stef besluit het om ...

5.

Barries en Jona hardloop weg en Barries sien dat Paul voor Stef se huis stilhou.

 

Terwyl ..., ...

6.

Paul slaan Stef hard en hy val op die grond. Paul klim in sy bakkie en jaag weg.

 

Stef val op die grond nadat ...; hierna ...

7.

As Barries bo-op die heuwel kom, bel hy vir Nico Schreuder.

 

Barries besluit om ...

8.

Barries se ma is blykbaar aangerand toe iemand haar handsak en selfoon wou steel.

 

Iemand ... en in die proses ...

9.

Nico sal reël dat Barries sy ma so gou moontlik kan besoek.

 

Nico sê: "..."

10.

Volgens Barries kan Paul dit reël, want dis die minste wat hy kan doen.

 

Volgens Barries kan Paul dit reël, aangesien ...

11.

Barries begin sy klere inpak wanneer hy by die huis kom.

 

Wanneer Barries by die huis kom, begin hy om ...

12.

Hy konfronteer Paul oor die nuus dat hy nie sy regte pa is nie.

 

Paul ...

13.

Paul sê hy is steriel en het gedink Barries se geboorte was 'n wonderwerk.

 

Volgens Paul ..., gevolglik ...

14.

Barries se ma wou nie sê wie haar verkrag het nie en Paul het sy frustrasies op Barries uitgehaal.

 

Barries se ma het geweier ...; toe …

15.

Paul het 'n privaatspeurder aangestel en die speurder het die verkragter opgespoor.

 

'n Privaatspeurder wat ..., het die verkragter opgespoor.

16.

Paul het die man een aand in 'n kroeg gekonfronteer en geslaan.

 

Die man ...

17.

Paul en Stef het nie besef dat die man dood was nie.

 

Paul en Stef was onbewus daarvan ...

18.

Paul het tronk toe gegaan omdat hy Barries se regte pa doodgeslaan het.

 

Paul het tronk toe gegaan omdat Barries se regte pa ...

19.

Paul slaan nie terug wanneer Barries hom genadeloos met die vuis slaan nie.

 

Barries ..., nogtans ...

20.

Jona se eienaars arriveer 'n rukkie later in 'n wit Pajero om hom te kom haal.

 

'n Rukkie later ...

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking