Dinsdag 22 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 20

WOORDSTRUKTURE

Sinonieme & Antonieme

Skryf sinonieme vir die woorde tussen hakies neer:

Terwyl Barries onder die bed 1 (skuil) ___, lui sy selfoon en hy druk dit 2 (dadelik) ___ dood.

Buite die huis 3 (slinger) ___ Stef Barries deur die lug en laat hom hard op die grond 4 (beland) ___.

Wanneer Jona met 'n hoender in sy bek naderkom, skiet Stef na Jona, maar die pyl beland in ‘n 5 (kis) ___ langs die hond. Barries hardloop teen die 6 (koppie) ___ uit, maar sien dan dat Stef vir Jona om die huis jaag. As Jona 7 (seergemaak) ___ word, sal hy hom doodbloei 8 (as gevolg van) ___ die siekte waaraan hy ly. Hy gaan terug en Stef rig die pylgeweer op Barries, terwyl Olga 9 (pleit) ___ dat Stef hom nie moet skiet nie.

Terwyl Barries en Jona hardloop, sien hy dat Paul se bakkie voor Stef se huis 10 (stop) ___. Paul en Stef begin 11 (argumenteer) ___ en Paul slaan Stef met twee harde houe dat hy op die grond val. As Barries bo-op die koppie kom, 12 (bel) ___ hy vir Nico Schreuder.

Paul is 13 (onvrugbaar) ___ en het gedink Barries se geboorte was 'n wonderwerk. 'n Privaatspeurder het sy ma se verkragter 14 (opgespoor) ___ en Paul het hom een aand in 'n 15 (drinkplek) ___ gekonfronteer. Die verkragter het Barries se ma 16 (sleggesê) ___ en Paul het hom geslaan; dit het die man se dood veroorsaak.

'n Rukkie later sit Paul en Barries op die stoep buite die huis. Paul se gesig is 17 (opgehewe) ___ en vol snymerke. Barries en Jona stap rotse toe waar Fillie by hulle aansluit en vertel dat Jona se 18 (ware) ___ eienaars by die kliphuis is om Jona te kom haal. Fillie is 19 (verstom) ___ oor Barries se plan om weg te gaan en hy wil weet wanneer Barries weer terugkom Seeplaas toe. Jona raak 20 (kriewelrig) ___ as hulle huis toe stap en Barries moedig hom aan om te gaan kyk wie by die huis wag.

Skryf antonieme vir die woorde tussen hakies neer:

Barries gaan stap met Jona en hy 21 (lag) ___ vir die eerste keer in baie jare as hy by die rotse kom. Hy vertel vir Fillie dat hy die 22 (vorige) ___ dag Johannesburg toe gaan om sy ma te sien. Fillie sê dat Jona se eienaar by die kliphuis wag. Hoe 23 (verder) ___ Barries aan die huis kom, hoe meer 24 (ontspanne) ___ is hy.

Jona is baie 25 (treurig) ___ as hy die wit Pajero sien en Barries kan sien dat hy 26 (rustig) ___ is. Noudat Jona weer 27 (siek) ___ is, hardloop hy 28 (stadig) ___ huis toe. Barries sien die 29 (bekende) ___ Pajero wat 30 (agter) ___ die huis staan.


 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking