Woensdag 30 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 24

WOORDSTRUKTURE

Gemengde oefening

 

1.

Butcher noem Barries 'n (useless junkie – gee die Afrikaans) ___ en dink nie Barries is (braaf – gee 'n sinoniem) ___ genoeg om hom te skiet nie. Butcher klink egter (nie seker nie – een woord) ___ wanneer hy dit sê.

2.

Barries rig 'n (waarsku – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ tot Butcher om nie te (roer – gee 'n sinoniem) ___ nie en stap by die winkeltjie uit. Daarna (hy ry baie vinnig – gee een woord) ___ hy hospitaal toe.

3.

Barries (erken, ontken, herken, verken – kies die regte woord) ___ suster Kapoor as die (dood – gee die regte vorm) ___ verkeersman se vrou en sê vir haar dat hy die (sleg – gee die oortreffende trap) ___ mens is wat daar is.

4.

Barries smeek (om, met, vir – kies die regte voorsetsel) ___ vergifnis en sê (oor en oor – gee een woord) ___: "Ek is so (teleurgesteld, jammer, bly – kies die regte woord) ___ oor wat ek aan julle gedoen het."

5.

Volgens suster Kapoor was sy (bang – gee die intensiewe vorm) ___ om Barries te ontmoet, want sy het nie geweet wat haar (reageer – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ sou wees nie.

6.

Met God se (help – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ het sy Barries-hulle vergewe. Barries kan homself vergewe deur sy (lief – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ vir sy ma te bewys en haar (goed – gee die regte vorm) ___ versorging te gee.

7.

Op pad woonstel toe swaai 'n motorfiets met 'n (skel – gee 'n afgeleide deelwoord) ___ sirene en (flikker – gee 'n afgeleide deelwoord) ___ blou ligte skielik voor Barries in. Hy skrik hom (lam – gee die intensiewe vorm) ___ wanneer dit (plaasvind – gee 'n sinoniem) ___.

8.

In die woonstel probeer Barries die pistool (veilig – gee 'n afgeleide werkwoord) ___, maar 'n skoot gaan (unexpectedly – gee die Afrikaans) ___ af en hy skiet die vistenk (fyn en ... – voltooi die uitdrukking) ___. Die koeël ruk 'n (tamaai – gee 'n sinoniem) ___ gat uit die muur.

9.

Hy bel Nico Schreuder en sê Butcher het erken dat hy vir die (attack – gee die Afrikaans) ___ op sy ma (responsible – gee die Afrikaans) ___was.

10.

Barries besef dat die (aanval – gee 'n afgeleide persoonsnaam) ___ sy ma se selfoon gesteel het om dit na 'n roof te laat lyk. Hy besef ook dat dit sy ma se foon is wat Butcher aan Olga (gekoop, koop, verkoop – kies die regte woord) ___ het.

 


 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking