Woensdag 30 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 23

SINSTRUKTURE

Gemengde oefening

 

1.

Olga het Johannesburg toe geryloop nadat Barries Seeplaas verlaat het.

 

Nadat ..., ...

2.

Sy het Barries se adres en selnommer by Paul gekry.

 

Paul het ...

3.

Sy het haar eie selfoon in die see gegooi sodat die polisie haar nie kan opspoor nie.

 

Sy het haar eie selfoon in die see gegooi sodat sy nie ...

4.

Olga gaan bad en versoek dat Barries haar rugsak moet bring.

 

Olga gaan bad en vra: "Barries, ..."

5.

Paul bel Barries en sê dat hy dink Olga het sy pistool gesteel.

 

Paul vermoed ..., daarom ...

6.

Die polisie is op haar spoor.

 

Hy vertel dat ...

7.

Barries steek sy hand in Olga se sak en vind die pistool daar.

 

Wanneer ..., ...

8.

Hy vind ook die beursie wat Paul gedink het Fillie Booysen gesteel het.

 

Hy vind ook die beursie wat Paul gedink het deur ...

9.

Wanneer Barries Olga se sak uitkeer, sien hy allerhande dinge wat met dwelms verband hou.

 

Barries ... en sien allerhande dinge wat met dwelms verband hou.

10.

Barries sluit die pistool en beursie in die kluis toe en ry dan hospitaal toe.

 

Sowel die pistool ... voordat Barries besluit om ...

11.

Sy ma probeer met hom praat, maar sy kan dit nie regkry nie.

 

Al ..., ...

12.

Dokter Jassie du Toit verduidelik die erns van sy ma se besering aan Barries.

 

Die erns van sy ma se besering ...

13.

Sy sal voltydse versorging en gereelde fisioterapie nodig hê.

 

Sy sal sowel ...

14.

Barries sê dat hy sy ma sal versorg, maar dokter Du Toit dink dis nie 'n goeie idee nie.

 

Barries is bereid om ..., maar dokter Du Toit dink nie dat ...

15.

Hy stel voor dat Barries by sy pa gaan bly, maar Barries sê dat sy pa dood is.

 

Hy stel voor: "Barries, ...", maar Barries sê: "...."

16.

Hy kan sien dat sy woorde sy ma seermaak.

 

Hy kan sien sy ma ...

17.

As Barries by die woonstel kom, lê Olga vas aan die slaap op sy ma se bed. Sy is poedelkaal.

 

Barries kom by die woonstel en sien dat ... Sy het geen ...

18.

Barries konfronteer Olga oor Paul se pistool en die dwelms in haar sak.

 

Barries konfronteer Olga oor Paul se pistool en die dwelms wat ...

19.

Hy sê dat sy die volgende oggend moet vertrek, omdat die polisie haar soek.

 

Hy sê: "Olga, ..., want ..."

20.

Wanneer Barries daardie nag wakker word, is Olga weg, so ook sy geld en sy ma se juwele.

 

Barries word daardie nag wakker en sien dat .... Sy het ook ...

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking