HOOFSTUK 24
SINSTRUKTURE
Gemengde oefening
1. |
Barries dreig om Butcher te skiet, maar hy kom tot sy sinne en begin deur toe beweeg. |
|
|
Nadat ..., ... |
|
2. |
Butcher sê hy het geweet Barries sal nie die moed hê om hom te skiet nie. |
|
|
Butcher sê vir Barries: "..." |
|
3. |
Dan jaag Barries hospitaal toe. Sy ma slaap egter en hy word nie by haar toegelaat nie. |
|
|
Dan besluit Barries om ... Sy ma slaap egter, gevolglik ... |
|
4. |
Die nagsuster sluit by Barries aan en hy vertel haar dat dit sý skuld is dat sy ma hier lê. |
|
|
Wanneer ..., sê hy vir haar: "..." |
|
5. |
Barries is verbaas om te besef dat dit suster Kapoor, die vrou van die dooie verkeersman, is. |
|
|
Barries is verbaas wanneer ... |
|
6. |
Sy sê sy het nog nie die moed gehad het om Barries persoonlik te ontmoet nie. |
|
|
Volgens haar ... |
|
7. |
Barries smeek om vergifnis en sê herhaaldelik hoe jammer hy is oor wat hy aan hulle gedoen het. |
|
|
Barries smeek om vergifnis en sê herhaaldelik: "Ek ..." |
|
8. |
Suster Kapoor sê God help haar elke dag om Barries-hulle te vergewe. |
|
|
8.1 |
Suster Kapoor sê dat ... |
|
8.2 |
Volgens suster Kapoor word sy ... |
9. |
Dis nou tyd dat Barries homself ook moet vergewe. |
|
|
Dis nou tyd vir Barries om ... |
|
10. |
Hy sal dit regkry deur te wys hoe lief hy vir sy ma is. |
|
|
Hy behoort ... deur te wys hoe lief hy vir sy ma is. |
|
11. |
Barries verlaat die hospitaal en jaag terug woonstel toe. |
|
|
Barries verlaat die hospitaal en dan ... |
|
12. |
In die woonstel val Barries met die pistool in sy hand op die rusbank neer. |
|
|
Met die pistool in sy hand ... |
|
13. |
Terwyl Barries die pistool probeer beveilig, gaan 'n skoot onverwags af. |
|
|
'n Skoot ... terwyl Barries probeer om ... |
|
14. |
Hy skiet die vistenk stukkend en die koeël ruk 'n yslike gat uit die muur. |
|
|
Hy skiet die vistenk stukkend en 'n yslike gat ... |
|
15. |
Hy bel Nico Schreuder en vra haar om oor te kom. |
|
|
Hy bel Nico Schreuder en vra of ... |
|
16. |
Hy vertel haar dat Butcher erken het dat hy vir die aanval op sy ma verantwoordelik was. |
|
|
Volgens Barries ... |
|
17. |
Nico Schreuder is by haar verloofde in Witbank, maar sy sal dadelik kom. |
|
|
Nico Schreuder sê: "..." |
|
18. |
'n Rukkie later is daar 'n klop aan die deur. |
|
|
'n Rukkie later word daar ... |
|
19. |
Barries wil nie met Paul praat nie, maar laat hom darem inkom. |
|
|
Barries weier ..., maar laat hom darem inkom. |
|
20. |
Paul nooi Barries uit om saam met hom Seeplaas toe te gaan en daar te bly. |
|
|
Barries ... |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking