HOOFSTUK 18
Gemengde oefening
1. |
Barries-hulle klim (stadig – gee die regte trap van vergelyking) ___ as gewoonlik teen die heuwel uit. Jona is een van die (nuuskierig – gee die regte trap van vergelyking) honde wat Barries (ken, weet – kies die regte woord) ___ – hy ondersoek alles op pad daarheen. |
2. |
Barries skakel Lizette en die De Kock-broers, maar hy is (nie suksesvol nie – een woord) ___. Hy besef hulle wil hul vriendskap met hom (einde – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ en alle bande met hom (breek – gee die regte vorm) ___. |
3. |
Barries bel vir dokter Hakinin en sy sê dat Jona (van, aan, met – kies die regte voorsetsel) ___ Von Willebrand se siekte (ly, lei, lui, lê – kies die regte woord) ___. Hy moet (cautious – gee die Afrikaans) ___ wees om nie (beseer - gee 'n afgeleide naamwoord) ___ op te doen nie. |
4. |
Barries en Jona hoor 'n skoot klap en storm teen die heuwel af. Paul se (wit – gee die intensiewe vorm) ___ Isuzu staan buite die Booysens se (bouval – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ woonplek. |
5. |
Paul wil die Booysens (onmiddellik – gee 'n sinoniem) ___ van die grond af hê en hy het die (skiet – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ afgevuur om hulle te (warn – gee die Afrikaans). |
6. |
Die Booysen- (familie, gesin – kies die regte woord) ___ bestaan (van, uit, met – kies die regte voorsetsel) ___ ses mense: die (pa en ma – gee een woord) ___ en hul (fier, vier, vuur, veer – kies die regte woord) ___ kinders. |
7. |
Karel Booysen leef sedert sy (gebore – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ op Seeplaas waar hy (vroeg – gee die vergrotende trap) ___ vir die vorige (owner – gee die Afrikaans) ___ gewerk het. |
8. |
Volgens Paul behoort die grond nou ( ___ – gee 'n paslike voorsetsel) hom en hy is dus die (wet – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ baas van die plaas. |
9. |
Al is die Booysens (skatryk – gee 'n antoniem) ___ is hulle (vrede + lief – gee 'n afgeleide deelwoord) ___, selfversorgende mense. Hulle is nie (moeilikheid + maak – gee 'n samestelling) ___ nie. |
10. |
Wanneer Paul (depart – gee die Afrikaans) ___, bly Barries agter en hy kan nie glo in watter (arm – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ en (misery – gee die Afrikaans) ___ die mense leef nie. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking