Maandag 14 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 18

WOORDSTRUKTURE

Deelwoorde

Gee die regte afgeleide deelwoorde van die woorde tussen hakies:

 

1.

Alhoewel Paul nie 'n (oplei) ___ skilder en beeldhouer is nie, is hy 'n (uitmunt) ___ kunstenaar.

2.

Daar sal geen (nooi)___ gaste vir Kersfees op Seeplaas wees nie en Paul sal na Kersfees sy (beloof) ___ praatjie met Barries hê.

3.

Barries wil 'n paar foonoproepe gaan maak. Dis 'n (uitput) ___ en (vermoei) ___ klim tot bo-op die heuwel waar hy sein vir sy selfoon kan kry.

4.

Barries kry net stempos en dis vir hom 'n (frustreer) ___ en (teleurstel) ___ ervaring. Die (bekommer) ___ Barries kan nie verstaan dat sy ma nie haar selfoon beantwoord nie.

5.

Volgens dokter Hakinin is Jona se medikasie 'n (deurloop) ___ proses, en hy moet baie liefde kry.

6.

'n (Omkrap) ___ Paul daag met 'n (laai) ___ vuurwapen by die Booysens op.

7.

Daar heers is (span) ___ atmosfeer, want Paul sê hulle veroorsaak probleme. Volgens Karel Booysen is hy 'n (hard + werk) ___ man wat nie (steel) ___ goedere by sy huis het nie.

8.

Paul neem 'n (dreig) ___ houding in. Almal is stil en daar is nie 'n klomp (skreeu) ___ en (gil) ___ Booysen-kindertjies wat vrees wys vir die (befoeter) ___ Paul Barnard nie.

9.

Gelukkig is daar ook nie (blaf) ___ of (kef) ___ honde wat die situasie vererger nie.

10.

Barries sien die (afleef) ___ sinkdak en (afskilfer) ___mure van die Booysens se pondok en dit het 'n (ontstel) ___ effek op hom.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking