HOOFSTUK 18
SINSTRUKTURE
Lydende vorm
Skryf die sinne hieronder in die lydende vorm soos aangedui.
1. |
Stef en Olga vertrek vroeg en Paul en Barries ruim die braaiplek op. |
|
Stef en Olga vertrek vroeg en die braaiplek ... |
2. |
Barries se ma en Lizette beantwoord nie Barries se oproepe nie. |
|
Barries se oproepe ... |
3. |
Die veearts in PE het Jona met Von Willebrand se siekte diagnoseer. |
|
Jona ... |
4. |
Barries moet Jona goed oppas sodat hy nie beseer word nie. |
|
Jona ... |
5. |
Paul skiet 'n waarskuwingskoot om die Booysens te waarsku. |
|
'n Waarskuwingskoot ... |
6. |
Die Booysens het niemand op Seeplaas gepla nie. |
|
Niemand ... |
7. |
Karel Booysen het 'n huis vir die vorige eienaar gebou. |
|
'n Huis ... |
8. |
Die Booysens vang vis en kweek groente om van te lewe. |
|
Vis ... en groente ... |
9. |
Paul sal na Nuwejaar 'n lorrie stuur om die Booysens se goed op te laai. |
|
'n Lorrie ... |
10. |
Die Booysens bied vir Barries vis en bokmelk aan. |
|
Vis en bokmelk ... |
HOOFSTUK 18
Gemengde oefening
1. |
Stef en Olga vertrek vroeg en Paul en Barries ruim die braaiplek op. |
|
Nadat ..., ... |
2. |
Dis die volgende dag Kersdag en Barries wil hê hulle moet dit met drank en dagga vier. |
|
Dis die volgende dag Kersdag en Barries sê: "Kom ons ..." |
3. |
Paul belowe dat hy na Kersfees alles van die verlede vir Barries sal vertel. |
|
Paul belowe om ... |
4. |
Barries bel sy ma, Lizette en die De Kock-broers, maar hy kry net stempos. |
|
Wanneer ..., ... |
5. |
Barries is bekommerd oor sy ma as sy nie haar foon beantwoord nie. |
|
Barries is bekommerd oor sy ma, want ... |
6. |
Barries is bekommerd oor sy ma as sy nie haar foon beantwoord nie. |
|
Barries se ma ..., gevolglik ... |
7. |
Sy vriendskappe met Lizette, Floris en Theo is blykbaar finaal verby. |
|
In die toekoms ... |
8. |
Barries bel vir dokter Hakinin en hoor dat Jona aan Von Willebrand se siekte ly. |
|
Barries bel vir dokter Hakinin en sy sê: "Jona ... |
9. |
Jona moet baie versigtig wees om nie beseer te word nie. |
|
Jona behoort ... |
10. |
'n Skoot weergalm skielik en Barries en Jona storm teen die heuwel af. |
|
Skielik ... |
11. |
Paul se wit Isuzu staan by die Booysens se pondok. |
|
Barries sien dat ... |
12. |
Barries vra: "Het iemand seergekry toe jy die skoot geskiet het?" |
|
Paul antwoord: "Nee, ..." |
13. |
Paul sal nie plakkers op sy grond toelaat nie, maar volgens Barries is Stef-hulle ook plakkers. |
|
Paul weier om ...; Barries dink egter dat ... |
14. |
Karel Booysen is op Seeplaas gebore en woon nog sy lewe lank op die plaas. |
|
Seeplaas is die plek waar ... en hy het nog altyd ... |
15. |
Die Booysens is selfversorgend en vra niks van enigiemand nie. |
|
Die Booysens is selfversorgend en het nog nooit ... |
16. |
Die see en die grond verskaf kos aan hulle. |
|
Kos ... |
17. |
Paul stem uiteindelik in dat die Booysens tot na Nuwejaar op die plaas mag aanbly. |
|
Uiteindelik ... |
18. |
As Paul ry, bly Barries agter en bokmelk en vis word vir hom aangebied. |
|
As Paul ry, bly Barries agter en die Booysens ... |
19. |
By die huis vertel Barries vir Paul dat hy baie bekommerd oor sy ma is. |
|
By die huis sê Barries: "Paul, ... |
20. |
Paul sê egter dat hy die vorige dag met haar gepraat het, en sy is oukei. |
|
Paul antwoord egter: "Sy is oukei, want ..." |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking