HOOFSTUK 22
SINSTRUKTURE
Lydende en bedrywende vorm
Skryf die sinne hieronder in die lydende of bedrywende vorm oor soos aangedui:
1. |
By die polisiekantoor sê majoor Schultz dat Paul hom gevra het om Barries dop te hou. |
|
By die polisiekantoor sê majoor Schultz dat hy ... |
2. |
Schultz neem Barries bus toe en waarsku hom om nie weer dagga te gebruik nie. |
|
Barries ... en hy waarsku hom dat ... |
3. |
Kaptein Mfeka het gereël dat Barries se urine getoets word as hy in Johannesburg kom. |
|
Kaptein Mfeka het gereël dat hulle ... |
4. |
Sersant Nico Schreuder ontmoet Barries wanneer hy in Johannesburg aankom. |
|
Wanneer Barries in Johannesburg aankom, word ... |
5. |
Die polisie het nog niemand gevang vir die aanval op Barries se ma nie. |
|
Nog niemand ... |
6. |
Barries word dadelik hospitaal toe geneem vir 'n urinietoets. |
|
Sersant Schreuder ... |
7. |
Die polisie kon nog nie die aanvaller vastrek nie, want hy het dadelik van die simkaart ontslae geraak. |
|
Die aanvaller ..., omdat ... |
8. |
Die handsak met al sy ma se kaarte kon ook nog nie opgespoor word nie. |
|
Die polisie ... |
9. |
Barries verskaf 'n urinemonster en gaan dan na sy ma toe. |
|
'n Urinemonster ..., daarna ... |
10. |
Hulle moet Barries se ma kalm hou, want sy is spasties en kan van die bed afval. |
|
Barries se ma ..., aangesien ... |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking