Donderdag 24 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 22

Gemengde oefening

Skryf die sinne hieronder oor soos aangedui:

 

1.

Het die polisie al iemand gevang vir die aanval op Barries se ma?

 

Nee, ...

2.

Barries skrik groot as hy sy ma sien; hy herken haar skaars.

 

Barries is geskok om ... en hy kan ...

3.

Sy het baie gewig verloor en probeer praat, maar kan nie 'n woord uiter nie.

 

Sy het baie gewig verloor. Wanneer ..., ...

4.

Die verpleegsuster sê Barries se ma is spasties, maar sy kan verstaan as 'n mens met haar praat.

 

Volgens ..., maar as 'n mens met haar praat, ...

5.

Barries vra herhaaldelik verskoning vir wat met sy ma gebeur het.

 

Barries sê herhaaldelik dat hy ...

6.

Barries wil graag die dooie verkeersman se vrou ontmoet.

 

Barries vra of hy ...

7.

Sy is suster Kapoor en werk nagskof by dieselfde hospitaal.

 

Sy is suster Kapoor, wat ...

8.

Nico Schreuder neem Barries woonstel toe en help hom met sy bagasie.

 

Barries ... waar ...

9.

As Barries later daardie middag in die parkeergarage kom, sien hy bloedvlekke waar sy ma aangerand is.

 

Barries ... en sien bloedvlekke waar die aanvaller ...

10.

Hy ry na Lizette-hulle se huis toe, maar haar ma wil nie toelaat dat hy vir Lizette sien nie.

 

By Lizette-hulle se huis weier ...

11.

Lizette se ma vertel vir Barries dat Lizette en Theo nou uitgaan.

 

Lizette se ma sê: "Barries, ..."

12.

Barries kom by die motor en sien Theo se groen Kadett in die straat aankom.

 

Sodra ..., ...

13.

Volgens Theo sal sy pa help dat hy nie in die tronk beland oor die verkeersman se dood nie.

 

Volgens Theo sal sy pa hom help om ....

14.

Volgens Theo het hulle met Barries ooreengekom dat hy by sy pa sal bly tot die saak verby is.

 

Theo sê: "Barries, ..."

15.

Op pad woonstel toe, bel Eunice du Toit en sê dat dit baie goed met Jona gaan.

 

Wanneer Barries ..., bel Eunice du Toit. Volgens haar ...

16.

Jona kry die beste medisyne vir Von Willebrand se siekte wat daar is.

 

Eunice sê dat hulle ...

17.

Eunice se pa wil graag met Barries praat wanneer hy weer sy ma in die hospitaal besoek.

 

Wanneer Barries weer sy ma in die hospitaal besoek, sal ...

18.

Barries ervaar wisselende emosies; hy voel nie hartseer óf gelukkig nie.

 

Wisselende emosies ...; hy voel nóg ...

19.

Wanneer Barries by die woonstel kom, tref hy Olga op die vloer voor die deur aan.

 

Barries kom by die woonstel waar hy ...

20.

Sy het Johannesburg toe geryloop nadat Barries die plaas verlaat het.

 

Nadat Barries die plaas verlaat het, het sy besluit ...

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking