HOOFSTUK 23
WOORDSTRUKTURE
Gemengde oefening
1. |
Nadat Barries klere (aantrek – gee die regte vorm) ___, haal hy Paul se pistool uit die (safe – gee die Afrikaans) ___ en verlaat die woonstel. |
2. |
As hy by Lizette en die De Kocks se huise kom, (korrel – gee 'n sinoniem) ___ hy met die pistool op hul kamervensters, maar ry dan weer (ver – gee die vergrotende trap) ___. |
3. |
Barries jaag dan (met, teen, vir – kies die regte voorsetsel) ___ 'n baie (hoog – gee die regte vorm) ___ spoed en hou met (skreeu – gee die afgeleide deelwoord) ___ bande voor Butcher se hoekwinkel stil. |
4. |
As Barries by die (winkel – gee die verkleining) ___ instap, rig Butcher sy (shotgun – gee die Afrikaans) ___ op hom en wil weet wat Barries daar doen. Volgens Barries het Butcher 'n paar vrae om te (antwoord, beantwoord, geantwoord – kies die regte woord) ___. |
5. |
Butcher (skuldig – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ Barries dat hy die polisie gekontak het, maar Barries (ken, erken, ontken, herken – kies die regte woord) ___ dit en sê hy het die polisie (aspris – gee 'n sinoniem) ___ op 'n dwaalspoor (gely, gelei, gelui – kies die regte woord) ___ om Butcher te (protect – gee die Afrikaans) ___. |
6. |
Barries sê Butcher het (besmet – gee die afgeleide deelwoord) ___ dwelms aan hulle verkoop wat hulle almal die vorige keer (gif – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ het. Dis Butcher se skuld dat Theo die (spietkop – gee 'n sinoniem) ___ doodgery het. |
7. |
Butcher wil weet hoe dit met Barries se ma gaan. Volgens hom is sy (aanrand – gee die regte vorm) ___ omdat dit payback time was. Barries moet (lêer, leër, leer – kies die regte woord) ___ om Butcher te (respek – gee 'n afgeleide werkwoord) ___. |
8. |
As Barries polisie toe gaan oor die (aanrand – gee 'n afgeleide naamwoord) ___, sal Butcher vir hulle vertel van die (poison – gee die Afrikaans) ___ waarmee Barries sy pa wou (doodmaak – gee 'n sinoniem) ___. |
9. |
As Barries buite die winkel kom, besluit hy om (teruggaan – gee die regte vorm) ___. Hy pluk Butcher agter die (counter – gee die Afrikaans) ___ uit en gooi hom (sonder genade – een woord) ___ op die grond. |
10. |
Barries druk die (barrel – gee die Afrikaans) ___ van die pistool in Butcher se mond en (a.g.v. – skryf in woorde) ___ sy (geweld – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ optrede breek hy een van Butcher se tande. Hy (threaten – gee die Afrikaans) ___ ook om Butcher te skiet. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking