HOOFSTUK 21
Gemengde oefening
1. |
Die (blinde – intensiewe vorm) ___ Eunice du Toit kan nie (met, tussen, vir – kies die regte voorsetsel) ___ lig en donker (distinguish – gee die Afrikaans) ___ nie. Bart (Jona) is haar gidshond en (lei, ly, lui – kies die regte woord) ___ haar gereeld deur Johannesburg se strate. |
2. |
Uit dankbaarheid (teenoor, teen, vir – kies die regte voorsetsel) ___ Barries gee dokter Du Toit vir hom 'n tjek, maar Barries (weier, wyer, wyder – kies die regte woord) ___ om die geld te (ontvaar, ervaar, aanvaar – kies die regte woord) ___ |
3. |
Barries pak die res van sy goed in een van die (tas – regte vorm) ___. Hy los 'n klomp goed agter en sê Paul kan dit vir sy (werk – afgeleide naamwoord) ___ gee of dit (burn – gee die Afrikaans) ___ Hy sê ook dat hy besluit het om sy ma se (nooi + van – vorm 'n samestelling) ___ aan te neem. |
4. |
Dis nogal vir Barries 'n (teleurstel – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ dat Paul hom nie vra om (lank – gee die vergrotende trap) ___ op die plaas te bly nie. |
5. |
Barries (discover – gee die Afrikaans) ___ die rottegif in sy broeksak. Hy oorweeg dit om Paul weer te (gif) ___, maar spoel dan die gif in die toilet af. |
6. |
Barries word in die nag wakker en sien 'n flou (lig – gee die verkleining) ___ in die kombuis brand. Paul staan met 'n glas (vol – gee die intensiewe vorm) ___ brandewyn by die wasbak. (I.p.v. – skryf in woorde) ___ die brandewyn te drink, gooi Paul die glas (fyn en ... - voltooi die uitdrukking) ___. As Barries in die gang kom, kan hy hoor hoe Paul (sob – gee die Afrikaans) ___ |
7. |
Paul neem Barries tot by die Engen- (garage – gee 'n sinoniem) ___ in Humansdorp om die bus te haal. Volgens Barries is hy nie meer 'n klein (kind – gee die verkleining) ___ nie en hy wil hê Paul moet (onmiddellik – gee 'n sinoniem) ___ weer ry. |
8. |
Volgens Paul is Barries welkom om weer op die plaas te kom woon. Daar is 'n goeie (hoog + skool – vorm 'n samestelling) ___ in Jeffreysbaai met 'n (hostel – gee die Afrikaans) ___ waar Barries in die week kan tuisgaan. Barries sal egter nie die (uitnooi – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ aanvaar nie. |
9. |
Barries vertel van die rottegif in Paul se brandewynbottel. Die (doktor, dokter, dogter – kies die regte woord) ___ het dit as (voedsel + gif – vorm 'n samestelling) ___ gediagnoseer, maar Barries wou Paul laat (suffer – gee die Afrikaans) ___ vir wat hy aan Barries gedoen het. |
10. |
Na Paul se (aankoms – gee 'n antoniem) ___ besoek Barries die skoenstalletjie waar dagga verkoop word. Die polisie gryp hom egter voordat hy kan betaal, en die Nigeriër (flieg, vlieg, vlug – kies die regte woord) ___ weg. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking