HOOFSTUK 21
SINSTRUKTURE
Gemengde oefening
Skryf die onderstaande sinne oor soos aangedui:
|
1. |
Dokter Jassie du Toit, sy vrou en blinde dogter Eunice sit by Paul op die stoep. |
|
|
By Paul op die stoep ... |
|
2. |
Jona is Eunice se gidshond, want sy is heeltemal blind. |
|
|
Eunice ..., daarom ... |
|
3. |
Die Du Toits het die hond "Bart" genoem. |
|
|
Die Du Toit het besluit ... |
|
4. |
Bart is Eunice se oë en sy kan nie sonder hom klaarkom nie. |
|
|
Aangesien ..., ... |
|
5. |
As Bart een keer 'n roete gestap het, vergeet hy dit nooit. |
|
|
As Bart een keer 'n roete gestap het, sal ... |
|
6. |
Die Du Toits was op hul seiljag toe Bart oorboord geval het. |
|
|
Bart ... |
|
7. |
Hulle maak seker dat Bart veilig op die seiljag is. |
|
|
In die toekoms ... |
|
8. |
Iemand het blykbaar vir Jona saam met Barries op die strand gesien. |
|
|
Jona ... |
|
9. |
Die Du Toits het navraag gedoen en die adres by dokter Hakinin gekry. |
|
|
Nadat ..., ... |
|
10. |
Dokter du Toit gee vir Barries 'n tjek sodat dit vir sy onkostes met Jona kan betaal. |
|
|
Dokter du Toit gee vir Barries 'n tjek om ... |
|
11. |
Barries weier om dit te aanvaar, want sy tyd saam met Jona kan nie in geld gemeet word nie. |
|
|
Barries se tyd saam met Jona kan nie in geld gemeet word nie, gevolglik ... |
|
12. |
Jona lyk onseker en verward wanneer die Du Toits wil ry en Barries probeer hom kalmeer. |
|
|
Wanneer ..., ... en Barries probeer om ... |
|
13. |
Jona spring langs Eunice in die Pajero en die Du Toits vertrek. |
|
|
Nadat ..., ... |
|
14. |
Barries skeur die tjek op wat die Du Toits vir hom gegee het. |
|
|
Die tjek ... |
|
15. |
Die res van sy goed word ingepak as Barries weer in sy kamer kom. |
|
|
Barries ... |
|
16. |
Paul bied aan om hom Johannesburg toe te neem, maar Barries weier. |
|
|
Paul sê: "...", maar Barries antwoord: "..." (een woord) |
|
17. |
Barries sê Paul kan die res van sy klere verbrand of aan sy werkers uitdeel. |
|
|
Barries sê: "..." |
|
18. |
Barries neem sy ma se nooiensvan aan. |
|
|
Wanneer Barries in Johannesburg kom, ... |
|
19. |
Paul bied aan om vir Barries 'n sitplek op die bus te bespreek. |
|
|
Paul sê dat ... |
|
20. |
Het Paul al ooit daarop aangedring dat Barries op die plaas moes bly? |
|
|
Nee, ... |
|
21. |
Barries spoel die gif in die nuwe buitetoilet af, want rottegif is vir rotte. |
|
|
Die gif ... omdat ... |
|
22. |
Barries word in die nag wakker en hoor die geluid van glas in die kombuis. |
|
|
Wanneer ..., ... |
|
23. |
Hy sien Paul met 'n glas brandewyn in die hand in die kombuis staan. |
|
|
In die kombuis ... |
|
24. |
Paul gooi die glas brandewyn in die wasbak. Hy gooi die inhoud van die bottel in die wasbak. |
|
|
Paul gooi sowel ... |
|
25. |
As Barries in die gang kom, hoor hy hoe Paul by die wasbak staan en snik. |
|
|
Barries kan hoor ... |
|
26. |
Die volgende dag neem Paul Barries Humansdorp toe om die bus te haal. |
|
|
Die volgende dag neem Paul Barries Humansdorp toe sodat ... |
|
27. |
Barries vertel vir Paul dat hy hom vergiftig het om hom te laat ly soos hy Barries laat ly het. |
|
|
Barries sê: "Paul ... |
|
28. |
As Paul weg is, gaan Barries na die Nigeriër se skoenstalletjie toe om dagga te koop. |
|
|
As Paul weg is, besluit Barries ... sodat ... |
|
29. |
Net wanneer hy daarvoor wil betaal, gryp die polisie hom en boender hom in 'n wit BMW in. |
|
|
Net wanneer hy daarvoor wil betaal, word ... |
|
30. |
Hulle neem Barries na die aanklagkantoor vir ondervraging. |
|
|
Barries ... |

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking