HOOFSTUK 21
WOORDSTRUKTURE
Afleidings
Gee die regte afleiding van die woorde tussen hakies:
1. |
Paul sit met 'n (swel - afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ gesig en (pyn – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ lyf op die stoep nadat Barries hom geslaan het. |
2. |
Die Du Toits arriveer en vertel van hul groot (verloor – afgeleide selfstandige naamwoord) ___ met die (verdwyn – afgeleide selfstandige naamwoord) ___ van Eunice se (lief – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ gidshond. |
3. |
Die Du Toits se (kies – afgeleide selfstandige naamwoord) ___ vir 'n naam vir die gidshond was "Bart", terwyl Barries die naam Jona (kies – afgeleide werkwoord) ___ het. Bart is na die blinde Bartiméüs in die Bybel (noem – afgeleide werkwoord). |
4. |
Bart is Eunice se kosbaarste (besit – afgeleide selfstandige naamwoord) ___. Tydens (storm – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ weer het hy van die seiljag afgeval. |
5. |
Jona is 'n (oplei – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ gidshond en sonder sy (help – afgeleide selfstandige naamwoord) ___ kan Eunice nie oor die weg kom nie. |
6. |
Die Du Toits is baie (dank – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ dat Barries Jona so goed (sorg – afgeleide werkwoord) het en bied vir Barries (vergoed – afgeleide selfstandige naamwoord) ___ aan om vir die mediese kostes te betaal. Barries wil egter nie die (aanbied – afgeleide selfstandige naamwoord) ___ aanvaar nie en skeur die tjek op as die Du Toits weg is. |
7. |
Barries stoot die (breek – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ Gibson-kitaar en die klere met die (ruik – afgeleide selfstandige naamwoord) ___ van dagga daaraan onder die bed in, want hy neem dit nie saam Johannesburg toe nie. |
8. |
Barries word in die nag wakker. Hy sien 'n (buig – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ Paul met 'n glas brandewyn in die hand. Dan hoor hy die geluid van (breek – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ glas as Paul dit in die opwasbak stukkend gooi. |
9. |
Die volgende dag vertel Barries vir Paul die (skok – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ nuus dat hy hom probeer (gif – afgeleide werkwoord) ___ het. 'n (Skok – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ Paul sit soos 'n kleibeeld en kan nie glo dat Barries dit gedoen het nie. |
10. |
Barries se bus is laat en hy gaan na die (Nigerië – afgeleide persoonsnaam) ___ se skoenstalletjie om dagga te koop. Die polisie gryp Barries egter wanneer hy wil betaal en hy dink dat hy nou in groot (moeilik – afgeleide selfstandige naamwoord) ___ is. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking