HOOFSTUK 22
WOORDSTRUKTURE
1. |
(Maj. – skryf die woord) ___ Schultz wil (ken, weet – kies die regte woord) ___ waar die dagga is wat Barries by die Nigeriër (koop, gekoop, verkoop – kies die regte woord) ___ het, maar Barries (erken, beken, ontken – kies die regte woord) ___ dat hy dagga by hom het. Paul het Willie Schultz (request – Gee die Afrikaans) ___ om Barries (dophou – gee die regte vorm) ___ totdat hy veilig in die bus is. |
2. |
(Sers. – skryf die woord) ___ Nico Schreuder ontmoet Barries met sy (aankom – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ in Johannesburg. Met haar (help – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ dra hy sy (baggage – gee die Afrikaans) ___ na haar motor toe. |
3. |
Barries wil weet of hulle al iemand (i.v.m. – skryf in woorde) ___ die aanval op sy ma (vasgetrek – gee 'n sinoniem) ___ het, maar volgens Nico is die (aanval – afgeleide persoonsnaam) ___ nog op vrye voet. |
4. |
Barries kan sy ma skaars (erken, herken, ontken – kies die regte woord) ___ waar sy (helplessly – gee die Afrikaans) ___ in die bed lê. Sy is (maer – gee die intensiewe vorm) ___ en kan nie (vertel, sê, praat – kies die regte woord) ___ nie. Barries vra (verskoon – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ oor wat hy gedoen het en smeek sy ma om (vergewe – gee 'n afgeleide naamwoord) ___. |
5. |
Nico (accompany – gee die Afrikaans) ___ Barries na die woonstel toe. Hy wil haar nie laat gaan nie, want hy voel baie (nie seker van homself nie – gee een woord) ___ en sal haar (teenwoordig – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ waardeer. Sy gee Barries 'n (druk – gee die verkleining) ___ en sê sy moet teruggaan polisiestasie toe. |
6. |
Teen (net voor donker – gee een woord) ___ gaan Barries na die garage toe en sien die donker (stain – gee die Afrikaans) ___ en die kruisies op die sement waar sy ma aangerand is. Hy jaag (vinnig – gee die intensiewe vorm) ___ met die Mercedes by die garage uit en ry na Lizette-hulle se (yslike – gee 'n sinoniem) ___ herehuis toe. |
7. |
Lizette se ma (refuse – gee die Afrikaans) ___ dat Barries inkom en sê dat Lizette nie (by die huis – gee een woord) ___ is nie. Volgens haar is Lizette en Theo de Kock nou 'n (paar – gee die verkleining) ___, ("from bad to worse" – gee die Afrikaans). As Barries buite kom, sien hy Theo se groen Kadett aankom. |
8. |
Theo en Lizette klim uit en bevestig dat hulle nou saam is. Met Theo se pa se (help – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ sal die saak dalk (a.g.v. – skryf in woorde) ___ tegniese redes uitgegooi word. Theo wil weet wanneer Barries weer Seeplaas toe (gaan – gee 'n sinoniem) ___, want dít was die (agreement – gee die Afrikaans) ___. Barries sê egter dat sy ma hom nou (nodig het – gee een woord) ___. |
9. |
Op pad woonstel toe (skakel – gee 'n sinoniem) ___ Eunice du Toit en Barries is baie (spyt – gee 'n antoniem) ___ om haar stem te hoor. Sy vertel dat dit (baie goed – een woord) ___ met Jona gaan. Hy sit op daardie oomblik (met, saam, by – kies die regte voorsetsel) ___ haar op die bed. Hy kry die beste medikasie wat vir Von Willebrand se siekte (available – gee die Afrikaans) ___ is. |
10. |
Wanneer Barries by die woonstel (arriveer – gee 'n sinoniem) ___, wag 'n (moeg – gee die regte vorm) ___ Olga voor die deur vir hom. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking