HOOFSTUK 17
Gemengde oefening
1. |
Jona maak Barries wakker met Bollie in sy bek. Hy (ly, lei, lui – kies die regte woord) ___ Barries na die sitkamer waar Paul al Barries se kaartjies (teen, op, bo – kies die regte voorsetsel) ___ een van die (muur – gee die meervoud) ___ en op die koffietafel uitstal. Paul is nie (by die huis – gee een woord) ___ nie. |
2. |
Fillie wag (binne – gee 'n antoniem) ___ die huis vir Barries. Hy lê met 'n (breed – gee die regte vorm) ___ glimlag op sy (face – gee die Afrikaans) ___ op die sonstoel. Hy dink Jona is baie (vriendelik) ___ as sy baas. |
3. |
Barries rig 'n (waarsku – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ dat Fillie moet padgee voordat Paul (opdaag – gee 'n sinoniem) ___. Barries jaag Fillie weg, maar volg hom dan rotse toe. |
4. |
Hulle klim oor die (skerp – gee die intensiewe vorm) ___ rotse tot by 'n getypoel waar Fillie begin om al sy klere (uittrek – gee die regte vorm) ___ sodat hy (kaal – gee die intensiewe vorm) ___ kan swem. |
5. |
Paul is (kwaad – intensiewe vorm) ___ as hy (discover – gee die Afrikaans) ___ dat daar weer geld gesteel is. Dis die (twee – gee 'n afgeleide rangtelwoord) ___ keer in 'n kort (ruk – gee die verkleining) ___ dat dit gebeur. |
6. |
Barries en Olga stap stadig na die vuurtoring toe (t.w.v. – skryf in woorde) Jona. Hulle stop (binnekort, kort-kort, kortliks – kies die regte woord) sodat die (moeg – gee die regte vorm) ___ hond eers kan rus. Dit neem hulle (twee-uur, tweeuur, twee uur – kies die regte woord) om tot daar te kom. |
7. |
Wanneer Olga gaan swem, sien Barries dat sy 'n klein (bikini – gee die verkleining) ___ onder haar (klere, kleure, kliere – kies die regte woord) ___ aanhet. Later gaan sy (onder, met, op – kies die regte voorsetsel) ___ die rotse lê en haal die bikinitop af om egalig bruin te brand. |
8. |
Dit was 'n (uitput – gee die regte vorm) ___ uitstappie vir Barries-hulle en Olga gaan op 'n sonstoel lê wanneer hulle tuiskom. Barries het al voorheen 'n (waarsku – gee die afgeleide naamwoord) ___ by Stef gekry om nie alleen saam met Olga (rondloop – gee die regte vorm) nie. |
9. |
In Paul se werkskamer probeer Olga om Barries te (seduce – gee die Afrikaans) ___, maar Stef roep haar voordat iets kan (plaasvind – gee 'n sinoniem) ___. |
10. |
As Barries later buite kom, lê Stef (dronk – gee die intensiewe vorm) ___ langs die (uitbrand – gee die verlede deelwoord) vuur en slaap. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking