Donderdag 10 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 17

WOORDSTRUKTURE

Trappe van vergelyking

Gee die korrekte trap van vergelyking van die woorde tussen hakies en vul dit in die spasies hieronder in:

Barries staan 1 (vroeg) ___ as gewoonlik op wanneer Jona hom wakker maak. Hy sien die kaartjies in die sitkamer. Die 2 (groot) een en 'n paar kleineres hang teen die muur, terwyl die heel 3 (klein) kaartjies op die koffietafel staan. Fillie wag op die stoep en Barries en Jona volg hom see toe. Fillie loop 4 (vinnig) as Barries en Jona en hulle sukkel om by te hou. Waar die rotse 5 (skurf) en 6 (skerp) is as op ander plekke, moet hulle baie 7 (stadig) loop as tevore.

Paul dink Fillie is een van die 8 (groot) ___ skelms wat daar is en hy wil nie die Booysens 9 (lank) ___ op sy plaas hê nie. Hulle moet trap, hoe 10 (gou) ___ hoe 11 (goed) ___. Barries dink Fillie is 12 (eerlik) ___ as Stef Jonker. Hy vertrou Stef 13 (min) ___ as wat hy Fillie vertrou, en Stef is een van die 14 (moeilik) ___ mense wat hy ooit ontmoet het.

By Kaap St Francis wil Olga swem en Barries help haar om haar klere uit te trek. Die jeans sit 15 (styf) ___ as wat hy gedink het en hy sukkel 16 (baie) ___ daarmee as om sy eie jeans uit te trek. Olga is een van die 17 (wulps) ___ vroue wat hy ooit ontmoet het en hy voel 18 (aangetrokke) ___ tot haar as tot Lizette. Olga dink dit sal beslis 19 (goed) ___ lyk as Barries sy beeld se borste 20 (groot) ___ maak.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking