HOOFSTUK 17
SINSTRUKTURE
Gemengde oefening
Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:
1. |
Jona kom vroeg in die oggend met Bollie in sy bek by Barries se kamer in. |
|
Vroeg in die oggend ... |
2. |
Barries volg hom en sien dat Paul al sy kaartjies op die koffietafel uitgestal het. |
|
As ..., ... |
3. |
Fillie Booysen wag buite en ontken dat hy Paul se geld gesteel het. |
|
Fillie Booysen wag buite en sê: " ..." |
4. |
Barries bedank hom vir die klere wat hy die vorige dag teruggebring het. |
|
Barries sê: "..." |
5. |
Barries wil weet of Fillie dagga rook, want die klere ruik na dagga. |
|
Aangesien ..., ... |
6. |
Wanneer Fillie wegstap, volg Barries hom tot by 'n getypoel tussen die rotse. |
|
Fillie begin wegstap en Barries besluit om ... |
7. |
Fillie trek sy klere uit en spring in die water. |
|
Nadat ..., ... |
8. |
Hy nooi Barries om dieselfde te doen en Jona sluit ook by hulle aan. |
|
Hy nooi Barries om dieselfde te doen en net daarna ... |
9. |
As Barries tuiskom, is Paul terug. |
|
As Barries by ..., is Paul terug. |
10. |
Hy sê dat daar weer geld van hom gesteel is. |
|
Hy sê dat iemand ... |
11. |
Paul dink Fillie Booysen het sy geld gesteel. Hy gaan die Booysens van sy plaas af wegjaag. |
|
Paul dink sy geld .... Hy het besluit om ... |
12. |
Paul sê hy het die kaartjies uitgepak omdat hy nou gereed is om daaroor te praat. |
|
Paul sê hy het die kaartjies uitgepak, want ... |
13. |
Barries en Jona gaan in die dae wat volg gereeld saam met Fillie swem. |
|
In die dae wat volg, ... |
14. |
Olga nooi Barries uit om na die vuurtoring by Kaap St. Francis te gaan kyk. |
|
Barries ... |
15 |
By die strand trek Olga haar klere uit om in haar blou bikini in die see te swem. |
|
By die strand help Barries Olga om ... sodat sy ... |
16. |
Olga trek die bikini-top uit sodat sy egalig bruin kan brand. |
|
Die bikini-top ..., want sy ... |
17. |
Olga probeer Barries op die rotse verlei, maar hulle gaan dan huis toe. |
|
Olga probeer om ..., maar dan besluit hulle ... |
18. |
Terwyl die ander vleis braai en kuier, gaan Barries na Paul se werkskamer toe. |
|
Barries ... |
19. |
Olga kom binne en probeer Barries 'n tweede keer verlei. |
|
Olga kom binne, waar sy ... |
20. |
Sy sê sy het iets spesiaals in gedagte vir Barries vir Kersfees. |
|
Sy sê: "Barries, ..." |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking