Sondag 11 Oktober 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 16

 

WOORDSTRUKTURE

Voer die opdragte tussen hakies uit:

 

1

Paul is meer ontsteld oor Barries wat (alleen – gee die intensiewe vorm) ___ gery het as oor sy motor wat (skade – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ is.

 

 

 

 

2

Hy is baie geskok oor die (news – gee die Afrikaans) ___ dat die verkeersman die vorige nag (sterf – gee die regte vorm van die woord) ___.

 

 

 

 

3

Die (aankla – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ teen Theo de Kock word nou strafbare manslag (i.p.v. – skryf in woorde) ___ roekelose en nalatige bestuur.

 

 

 

 

4

Barries se (skok – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ ma vertel dat Butcher na Barries soek. Hy rig 'n (waarsku – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ tot haar om (cautious – gee die Engels) ___ te wees vir (mense wat sy nie ken nie – gee een woord) ___.

 

 

 

 

5

Barries wil by Nico weet wanneer Butcher se (arresteer – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ gaan (gebeur – gee 'n sinoniem) ___, want hy is (kommer – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ oor sy ma.

 

 

 

 

6

Barries het (lank – gee die vergrotende trap) ___ as twintig (dag – gee die meervoud) ___ laas dagga gerook. In opdrag (van, met, vir – kies die regte voorsetsel) ___ kaptein Mfeka hou die polisie hom dop.

 

 

 

 

7

Fillie arriveer met twee (tas – gee die meervoud) ___ vol van Barries se (kleure, kliere, klere) ___ en Barries kry 'n (uitnooi – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ om te kom kyk waar Fillie woon.

 

 

 

 

8

Wanneer Barries weer (by die huis kom – gee een woord) ___ , sit Paul met sy pistool op sy (lap – gee die Afrikaans) en sê dat iemand sy (nuwe – gee die intensiewe vorm) ___ beursie gesteel het.

 

 

 

 

9

Paul dink Fillie was die (steler – gee 'n sinoniem) ___, maar Barries dink dis (nie moontlik nie – gee een woord) ___

 

 

 

 

10

Paul sê vir Barries dit kan (lewe + gevaarlik – gee die samestelling) ___ wees om (in die aand – gee een woord) ___ alleen en (sonder 'n wapen – gee een woord) ___ buite rond te loop.

 

 

 

 

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking