Donderdag 17 September 2020

Hersieningsvrae en antwoorde: Gedigte

Aandeelhouer – Alta Marincowitz

 

VRAE

 

1.

Wat is vreemd van die manier waarop die persoon (moontlik 'n onderwyser) die "jongeheer" in die eerste strofe aanspreek? (1)

2.

"Gaan hy ook eendag in sy pa se voetspore volg?"

Watter werk doen die seun se pa skynbaar? (1)

3.

Wat word in finansies met "bates" bedoel? (1)

4.

Watter bate van die seun laat die meisies se bloeddruk styg, volgens hom (1)

5.

Finansiële lopies (styging in waarde) is nie vir die spreker belangrik nie. Wat is die enigste lopies wat vir hóm belangrik is? (1)

6.

Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is en haal paslike woorde aan om jou antwoord te staaf.

6.1

Die seun wil definitief nie dieselfde werk as sy pa te doen nie. (1)

6.2

Die seun is 'n goeie krieketspeler. (1)

7.

Watter van die volgende skoolvakke het niks met finansies te doen nie?

A

Rekeningkunde

B

Besigheidstudies

C

Lewenswetenskappe

D

Ekonomie (1)

8.

"who cares wat die prys is van koring mielies en sonneblom"

Vir wie is die pryse van hierdie gewasse wel baie belangrik? (1)

9.

'n Argaïsme is 'n woord wat uitgedien is en nie meer dikwels gebruik word nie. Watter argaïsme word in die gedig gebruik? Gee slegs een woord. (1)

 

[10]

 

ANTWOORDE

 

1.

Hy gebruik "hy" en "sy" wanneer hy met hom praat i.p.v. "jy" en "jou". (1)

2.

Hy is 'n ekonoom/Hy werk in die finansiële sektor. (1)

3.

Dit verwys na al jou beleggings, geld en besittings. (1)

4.

Sy mooi lyf/Sy groot spiere  (1)

5.

Lopies wat op die krieketveld aangeteken word. (1)

6.1

WAAR. "No ways Meneer ..." (1)

6.2

ONWAAR. "... kyk ek krieket" (1)

7.

C  -  Lewenswetenskappe (1)

8.

vir plaasboere (1)

9.

"jongeheer" (1)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking