Vrydag 18 September 2020

Hersieningsvrae en antwoorde: Gedigte

TAYLOR SWIFT – Kobus Grobler

VRAE

 

1.

Ons lees in die eerste strofe:

jy herhaal / haar woorde van melancholie / vir die hoeveelste keer

1.1

Wie is "jy" in die aangehaalde deel? (1)

1.2

Wie is "haar" in die aangehaalde deel? (1)

1.3

Verduidelik kortliks wat bedoel word met: "vir die hoeveelste keer".  (1)

2.

Wat is die toon van Taylor Swift se liedjie? Kies jou antwoord uit die volgende:

A

hartseer

B

vreugde

C

sarkasme

D

melodrama (1)

3.

Watter enkele woord dui aan dat die meisie oor wie die gedig handel, nie vriende by die skool het nie? (1)

4.

Gee drie enkele werkwoorde uit die gedig wat aandui dat die meisie trane stort. (3)

5.

Wat sal die spreker in die gedig "Staan op!" se raad vir die meisie en vir Taylor Swift waarskynlik wees? Sê kortliks. (1)

6.

Watter beeld gebruik die spreker om aan te dui dat dinge nie staties is nie, maar verandering ondergaan? (1)

 

[10]

 ANTWOORDE

 

1.1

Liebet (moontlik die spreker se dogter (1)

1.2

Die Amerikaanse sanger Taylor Swift (1)

1.3

Sy het dit al baie kere tevore gedoen. (1)

2.

A (hartseer) (1)

3.

"alleen"(1)

4.

"snik", huil", "grens" (3)

5.

Die spreker sal sê dat die meisies moet opstaan en nie toelaat dat dinge hulle onderkry nie/ Die meisies moet ophou om vir hulself jammer te voel asof hulle die enigstes met probleem is. (1)

6.

Hy gebruik die beeld van bome wat (in die herfs) hul blare verloor sodat daar weer nuwe blare kan verskyn. (1)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking