Donderdag 17 September 2020

Hersieningsvrae en antwoorde: Gedigte

Vraagteken ? – Tanja Joubert

VRAE

 

1.

Die gedig is ongetiteld. Watter woord word deur die simbool ? voorgestel? (1)

2.

Noem twee plekke waarvan ons lees waar permanente ink gebruik word. (2)

3.

Noem twee glasoppervlakke waarop die spreker met sy/haar vinger skryf. (2)

4.

Wat noem 'n mens die skrif wat deur blinde mense gelees kan word? (1)

5.

Haal die versreël aan waarna die prentjie aan die einde verwys. (1)

6.

Die rymskema is abcb, defe, ghih, ensovoorts. Wat noem 'n mens hierdie soort rym? Kies jou antwoord uit die volgende en skryf net die letter neer.

A

paarrym

B

kruisrym

C

omarmde rym

D

gebroke rym (1)

7.

Wat is die boodskap van die emodji wat in die gedig gebruik word? (1)

8.

Watter leesteken gebruik die spreker dikwels in die gedig om sekere woorde te beklemtoon? Gee die term of skryf die woorde uit die gedig neer waar hierdie leesteken gebruik word (1)

 

[10]

ANTWOORDE

 

1.

vraagteken (1)

2.

op 'n swartbord (1)

op die spreker se hart (bors) (1)

3.

op vuil motorvensters (1)

op toegewasemde spieëls (1)

4.

braille (1)

5.

"Jou naam draai ek uit elke appelstingel" (1)

6.

D (gebroke rym) (1)

7.

Dit sê dat die persoon wat dit lees moet glimlag/vroliker wees. (1)

8.

die aksentteken / mý, jý, ál, jóú (1)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking