DAAROM – Ilna Stander
VRAE
1. |
Wat is die seun se reaksie elke keer as hy in die spieël kyk? (1) |
2. |
Ons lees in reël 6 van "die groot krater" |
2.1 |
Wat is 'n krater in die natuur? (1) |
2.2 |
Wat beteken dit om 'n krater van jouself te maak? (1) |
3. |
Hoekom praat die seun so min as moontlik? (1) |
4. |
Hoekom, dink jy, donder die seun deure toe? Kies jou antwoord uit die volgende moontlikhede: |
A |
Omdat die deur aanhoudend oopgaan |
B |
Om gehoor te word |
C |
Om mense uit sy kamer te hou |
D |
Om sy frustrasie te toon (1) |
Gee elke keer 'n enkele woord uit die gedig wat die beste by die beskrywings hieronder pas. Skryf by elkeen slegs die nommer en die woord uit die gedig neer. |
|
5. |
hare wat oor voorkop hang (1) |
6. |
sonder dat iemand dit weet (1) |
7. |
velspesialis (1) |
8. |
'n gesig van die kant af gesien (1) |
9. |
melkbaard (1) |
|
(10) |
ANTWOORDE
1. |
Hy skrik vir homself in die spieël. (1) |
2.1 |
'n uitgebrande vulkaan/'n gat in 'n berg waar 'n vulkaan uitgebars het (1) |
2.2 |
Om 'n gek van jouself te maak/Ander mense lag vir jou (1) |
3. |
Sy stem is besig om te breek. (1) |
4. |
D (1) |
5. |
kuif (1) |
6. |
agteraf (1) |
7. |
dermatoloog (1) |
8. |
profiel (1) |
9. |
dons (1) |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking