Donderdag 10 September 2020

Hersieningsvrae en antwoorde: Gedigte

DIE WÊRELD HET SO KLEIN GEWORD - Alta Marincowitz

VRAE

1.

Die spreker se ouma het nie tegnologie geken soos ons dit vandag ken nie. Wat sou sy verstaan het onder die volgende terme:

1.1

muis (1)

1.2

web (1)

1.3

gumtree (1)

2.

Die spreker se ma was 'n dorpskind. Sê in jou eie woorde hoekom sy die volgende mense sou beny (envy):

2.1

haar niggies  (1)

2.2

kennisse (1)

3.

Watter twee kommunikasiemiddels het die spreker se ma sy leer ken toe sy op skool was?  (2)

4.

Hoekom, dink jy, is daar 'n uitroepteken aan die einde van reël 9? (1)

5.

Hierdie gedig het 'n baie unieke strofebou. Hoekom, dink jy, word die strofes in hierdie gedig progressief langer? Sê kortliks. (3)

6.

Hoekom dink jy word die versreëls van strofe 3 vinnig korter aan die einde van die strofes? Sê kortliks. (1)

7.

Hierdie gedig het nie 'n vaste rympatroon nie en die strofes is nie ewe lank nie. Wat noem ons die skryfstyl van so 'n gedig? (1)

8.

Noem twee dinge in die laaste deel van strofe 3 wat die tempo van die gedig versnel (vinniger maak). (1)

 

[14]

 

ANTWOORDE

1.1

'n klein diertjie waarvoor party mense skrikkerig is/'n veldmuis wat algemeen op plase voorkom. (1)

1.2

'n spinnerak/'n web wat deur 'n spinnekop gespin word. (1)

1.3

'n soort boom/ 'n boom wat gom (hars) afskei wat kinders graag eet. (1)

2.1

Hulle kon in die stad gaan fliek. (1)

2.2

Party van hulle was al oorsee en het van hul ervarings vertel. (1)

3

televisie ('kassie')  en selfone (2)

4

Om aan te toon dat dit op daardie stadium nog nie 'n algemene ding was om oorsee te gaan nie. Dit was 'n uitsonderlike gebeurtenis. (1)

5

Die ouma se geslag het baie beperkte lewenservaring en blootstelling aan die buitewêreld gehad.  Die spreker se ma het darem al televisie en selfone geken,  terwyl die spreker onbeperkte toegang tot tegnologie het. (3)

6

Tegnologie ontwikkel al hoe vinniger en neem al hoe minder spasie in beslag in 'n wêreld waar ruimte al hoe meer beperk raak. (1)

7

vrye vers (1)

8

Die versreëls wat vinnig korter raak / die gebruik van enjambement (vinnige oorgang tussen versreëls). (1)

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking