Donderdag 10 September 2020

Hersieningsvrae en antwoorde: Gedigte

STERREKYKER – FRANCI GREYLING

 

VRAE

 

1.

Watter reël dui aan dat die spreker baie dinge het om vir die man op die maan te vertel? (1)


2.

Identifiseer drie woorde in die gedig wat die voorwerpe op die prentjie benoem. (3)


3.

Tot waar moes die pyl trek? (1)


4.

Watter onverwagse ding gebeur egter wanneer die pyl daar kom? Sê kortliks. (1)


5.

Die spreker se brief aan die man op die maan kan vergelyk word met boodskappe wat op sosiale media uitgestuur word. Noem twee dinge wat dieselfde is. (2)


6.

Gee 'n voorbeeld van 'n hiperbool in die gedig. (1)


7.

Gee 'n voorbeeld van 'n parentese in die gedig. (1)


(10)

 

 


      

ANTWOORDE

1.     reël 2 (1)

2.     "pyl", "wilgerboog", "koker" (3)

3.     Tot by die (man op die) maan (1)

4.     Die pyl draai net om die maan en trek dan verder die naglug in. (1)

5.     Die oomblik wat jy die boodskap uitstuur, het jy nie beheer oor wat daarvan word en wie dit gaan lees nie. (2)

6.     "duisend briewe" (1)

7.     "- en wonder jy? -" (1)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking