Vrydag 10 Julie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

B.              Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1.
Barries skrik voor die koolstoof wakker. Die hond lê doodstil 'n entjie van hom af.

Barries skrik voor die koolstoof wakker met die hond wat ....




2.
Barries kon dood gewees het as Paul nie betyds opgedaag het nie.

Paul sê: "Barries, ...




3.
Barries dink twee keer voordat hy tussen die rotse rondklouter.

In die toekoms ... voordat hy probeer om ...




4.
Barries gaan die hond na die Bybelkarakter Jona vernoem.

Barries besluit om ...




5.
Barries vryf die hond se oor terwyl hulle op die matras voor die koolstoof lê.

Die hond se oor ... terwyl hulle op die matras voor die koolstoof lê.




6.
Kan Barries nog iets onthou van wat die vorige nag gebeur het?

Nee, ...




7.
Barries word deur sy beserings gedwing hom om dinge versigtig te doen.

Barries se beserings ...




8.
Barries bel sy ma en raas met haar omdat sy nie sy boodskap vir Lizette gegee het nie.

Wanneer ..., ... omdat sy nie sy boodskap vir Lizette gegee het nie.




9.
Barries se ma vertel dat die verkeersman se toestand kritiek is.

Volgens ...




10.
Paul wil vir Jona skiet om hom uit sy pyn te verlos.

Paul wil vir Jona skiet sodat ...






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking