Vrydag 10 Julie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 12

A.             Voegwoorde

Verbind die sinne hieronder met voegwoorde soos aangedui:

1.
Paul haal Barries uit die ysige seewater. Hy laat hom in 'n bad warm water sak.

Nadat ..., ...




2.
Paul het olie aan Barries se lyf gesmeer. Hy het droë klere vir hom aangetrek.

Eers ..., en daarna ...




3.
Hy het Barries en die hond op 'n matras voor die koolstoof neergelê.

Hy het sowel ...




4.
Paul is bang Barries sal infeksie kry en wil hom dokter toe neem.

Paul ..., aangesien ...




5.
Barrries drink pynpille voordat hy weer gaan slaap totdat die son opkom.

Barries ... nadat ...




6.
Barries voel beter, maar hy is duiselig wanneer hy probeer opstaan.

Alhoewel ..., ...




7.
Barries klim later teen die heuwel uit om Lizette te gaan bel.

Barries klim later teen die heuwel uit sodat ...




8.
Lizette is kwaad vir Barries. Sy beëindig die gesprek baie gou.

Omdat ..., ...




9.
Barries kom by die huis aan. Paul sit met 'n pistool, gereed om Jona te skiet.

Wanneer ..., ... gereed om Jona te skiet.




10.
Hy sal dit agter 'n rots doen. Barries kan dit nie sien nie.

Hy sal dit agter 'n rots doen waar ...






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking