Donderdag 25 Junie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 11

B.      Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1.
Barries kan nie bel nie en ook nie dagga rook nie. Dit frustreer hom.

Barries is gefrustreerd, want hy kan nóg ...




2.
Barries wil weet hoekom Paul en sy ma geskei het en Paul verseker hom dat sy ma nie rondgeslaap het nie.

Barries vra: "Paul, ...?"
Paul verseker hom: " ..."




3.
Barries tel 'n klip op om die bliksem te gooi wat sy klere gesteel het.

Barries tel 'n klip op sodat ...




4.
Barries kan nie 'n klip tot by die rotse gooi nie. Paul kry dit maklik reg.

Barries kry dit nie reg om ..., terwyl ...




5.
Paul en Olga wys vir Barries letsels wat hulle aan hul hande opgedoen het.

Sowel ...




6.
Barries se hand pyn daardie nag so erg dat hy nie kan slaap nie.

Daardie nag ... dat hy sukkel ...




7.
Hy staan later op om vir Lizette te gaan bel.

Barries staan later op sodat ...




8.
Hy sal teen die heuwel moet uitklim om die beste selfoonontvangs te kry.

Om ..., ...




9.
Barries red 'n hond se lewe, maar in die proses verloor hy amper sy eie lewe.

Alhoewel ..., ...




10.
Het iemand Barries hoor roep toe hy teen die sterk see moes baklei?

Nee, ...




[Bron: https://www.clipart.email/make-a-clipart/?image=5842861]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking