Donderdag 25 Junie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 11

SINSTRUKTURE

A.   Lydende en Bedrywende Vorm

Skryf die sinne hieronder in die lydende of bedrywende vorm oor soos aangedui:

1.
Die battery word gelaai en Barries wag ongeduldig sodat hy die selfoon kan gebruik.

Barries ..., en hy wag ongeduldig om ...




2.
Barries mag nie dagga rook nie en dit frustreer hom.

Dagga ... en daarom ...




3.
Barries beseer sy hand as hy met sy vuis in die klippe slaan.

Sy een hand ... as hy met sy vuis in die klippe slaan.




4.
Olga ontsmet Barries se hand wanneer hy weer in die huis kom.

Barries se hand ...




5.
Barries kan 'n tjankgeluid hoor as hy by die rotse kom.

'n Tjankgeluid ... as hy by die rotse kom.




6.
Die rotskake het die hond vasgehou en hy kon nie loskom nie.

Die hond ..., gevolglik ...




7.
Barries bevry die hond en red sy lewe.

Die hond ... en sy lewe ...




8.
Die see trek Barries genadeloos in as hy begin spartel.

Barries ... as hy begin spartel.




9.
Barries word van die rotse af dopgehou terwyl hy besig is om te verdrink.

Iemand ... terwyl hy besig is om te verdrink.




10.
Hy word uiteindelik deur die kragtige see tot in 'n sloep tussen rotse ingestoot.

Die kragtige see ...






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking