Donderdag 25 Junie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 11

WOORDSTRUKTURE

Voer die opdragte tussen hakies uit:

1.
Met sy (nie gelaai nie – gee een woord) ___ selfoon kan Barries nie vir Lizette (phone – gee die Afrikaans) ___ nie.




2.
Op die heuwel kry 'n mens die beste selfoonontvangs, want hoe (hoog – gee die vergrotende trap) ___ 'n mens klim, hoe (goed – gee die vergrotende trap) ___ is die sein. (In die oggend – gee een woord) ___ is die beste tyd om 'n oproep te maak.




3.
Barries is (nie suksesvol nie – een woord) ___ met sy (een, twee en drie – gee die rangtelwoord) ___ pogings om 'n klip tot by die rotse te gooi, terwyl Paul dit (onmiddellik – gee 'n sinoniem) ___ regkry.




4.
Uit pure (frustreer – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ slaan Barries sy hand tussen die klippe stukkend en Olga behandel sy (bloei – gee 'n afgeleide deelwoord) ___ hand met Dettol, wat 'n goeie (ontsmet + middel – gee die regte samestelling) ___ is.




5.
Barries se hand is baie (pyn – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ en hou hom (awake – gee die Afrikaans). Hy sê kort-kort ("Foeitog!", "Aitsa!", "Eina!"  – kies die regte uitroep) ___




6.
Dis alreeds na (0:00 – gee een woord) ___ wanneer Barries buite kom en hy sien 'n flou (lig – gee die verkleining) ___ by die rotse brand.




7.
Barries is (kwaad – gee die intensiewe vorm) ___ as hy besef dis moontlik die seun wat sy klere gesteel het wat hierdie tyd van die nag (alleen – gee die intensiewe vorm) ___ by die rotse sit. 




8.
Barries probeer desperaat om (uit, buite, vanuit – kies die regte voorsetsel) ___ die (kalm – gee 'n antoniem) ___ water te (escape – gee die Afrikaans) ___




9.
Barries is (vrees + vang – gee die regte samestelling) ___ en hy sukkel om (asemhaal – gee die regte vorm) ___, want hy besef die see is baie (magtig – gee die vergrotende trap) ___ hy.




10.
Barries verdrink (amper – gee 'n sinoniem) ___ in 'n (poog – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ om die hond te red. As hy versigtiger was, sou hy (dalk – gee 'n         sinoniem) ___ nie in die water (geland, beland – kies die regte woord) ___ het nie.






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking