Maandag 01 Junie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 8

B.     Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1.
Barries en Stef moet die bagasie die laaste ent dra.

Die bagasie ...




2.
Barries weier om die trommel agter te laat, want sy duur kitaar is daarin.        

Barries weier om die trommel agter te laat, aangesien ...




3.
Hulle laat twee tasse agter om dit later te kom haal.

Hulle laat twee tasse agter sodat ...




4.
Stef bring die bagasie wat te swaar is om te dra.

Die volgende dag ... wat te swaar is om te dra.




5.
Paul Barnard woon in 'n groot kliphuis met 'n grasdak en 'n houtstoep.

Die groot kliphuis waarin ..., ...




6.
Het Barries al voorheen tatoeëermerke aan Paul gesien?

Nee, ...




7.
Barries wil nie Paul se hand skud of hom "Pa" noem nie.

Barries wil nóg ...




8.
Barries moet dringend toilet toe gaan en Paul beduie hom daarheen.

Omdat ..., ...




9.
Later sak Barries op pad toilet toe inmekaar. Paul dra hom bed toe.

Wanneer ..., ...




10.
As Barries wakker word, sit Paul in 'n stoel langs sy bed.

Toe ..., ...





[Bron: https://pixabay.com]

1 opmerking:

  1. Hierdie werk is absoluut ongelooflik dankie! Nie net toets dit die leerlinge se inhoudskennis van die boek nie, maar terselfdertyd oefen dit taalkonstruksies in.Baie dankie vir die harde werk.

    AntwoordVee uit