Saterdag 20 Junie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 10

B.       Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1
Wanneer Barries die volgende oggend wakker word, is die storm verby.

Wanneer Barries die volgende oggend wakker word, besef hy dat ...




2
Paul het saam met Stef gery en Barries is alleen tuis om sy eie ding te doen.

Paul het saam met Stef gery, gevolglik ... sodat ...




3
Die jong seun vat Barries se klere. Hy trek dit vir homself aan.

Nadat ..., ...




4
Die dorings en die skulpiesgruis maak Barries se kaalvoete seer terwyl hy die seun jaag.

Sowel ...




5
Barries hoor 'n eienaardige huilgeluid en soek tussen die rotse en sloepe.

Wanneer ..., ...




6
Barries sien 'n naakte Olga op die rotse voor hom lê.



Op die rotse voor hom ...




7
Daar is weer elektrisiteit en Barries kan sy selfoon se battery laai.

Barries se selfoon se battery ..., omdat ...




8
Nico Schreuder het die simkaart vir Stef gegee sodat hy dit vir Paul kon gee.

Nico Schreuder het die simkaart vir Stef gegee om ...




9
Die simkaart word nou deur Paul aan Barries oorhandig.

Paul ...




10
Stef wil weet wanneer Paul 'n tien-kilowatt-Petter gaan koop.

Stef vra: "..., Paul?"





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking