Woensdag 13 Mei 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 4

B.   Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1.
Barries dink nie sy ma sal hom ses weke na sy pa toe laat gaan nie.

Barries dink nie sy ma beplan om ...


2.
Hy is minderjarig en hulle mag hom nie in 'n tronksel plaas nie.

Aangesien ..., ...


3.
Het jy al ooit gehoor van tieners wat in tronkselle aangehou word?

Nee, ...


4.
Barries se ma het sy selfoon gevat omdat hy so ongeskik is.

Barries vra: "Ma, ...?" Sy antwoord: " ..."


5.
Volgens Floris wil sy pa Barries nie daar hê nie en Barries moenie weer daarheen kom nie.

Floris sê: "Barries, ... en jy ..."


6.
Floris en Theo sal tydens 'n hofsaak teen Barries getuig.

Tydens 'n hofsaak ...


7.
Hulle gaan vertel van Barries se gewelddadige agtergrond en slegte invloed.

Hulle gaan vertel dat ...


8.
Die meisies sal ook getuig dat Barries dwelms aan hulle verskaf het.

Die meisies sal ook getuig dat dwelms ...


9.
Barries wil hê sy ma moet saam plaas toe gaan, maar sy weier.

Barries smeek: "Ma, ...", maar sy weier.


10.
Barries moet alleen plaas toe gaan en dinge met sy pa uitsorteer.

Barries behoort ... sodat ...




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking