HOOFSTUK 4
WOORDSTRUKTURE
Voer die opdragte tussen hakies uit:
1.
|
Barries het
met sy eie geld vir sy selfoon (paid – gee
die Afrikaans) ________, maar sy ma (refuse
– gee die Afrikaans) ________ om dit terug te gee.
|
2.
|
Sy kan
Barries se (ongeskik – gee die regte vorm) _________ en gewelddadige optrede
(met, teen, teenoor – kies die regte voorsetsel) ________ haar nie meer
(verdra – gee 'n sinoniem) ________ nie.
|
3.
|
Floris (praat
baie sag – gee een woord) ________ en sê Barries is (nie welkom nie – gee een
woord) ________.
|
4.
|
Barries is 'n
(junkie – gee die Afrikaans) ________
en die hof sal nie sy getuienis (verwerp – gee 'n antoniem) ________ nie.
|
5.
|
Theo is in
(groot – gee die vergrotende trap) ________ moeilikheid as die ander, want hy
was die (motor + bestuur – gee die regte samestelling) ________
|
6.
|
Lizette se ma
is (kwaad – gee die intensiewe vorm) ________ as Barries daar (arriveer – gee
'n sinoniem) ________ en sy wil nie (toestem – gee 'n afgeleide naamwoord) ________
gee dat Barries haar sien nie.
|
7.
|
Die polisie
het Lizette ondervra asof sy 'n (misdaad – gee 'n afgeleide persoonsnaam) ________
is. Lizette was baie (upset – gee
die Afrikaans) ________.
|
8.
|
Dis vir
Barries is groot (beledig – gee 'n afgeleide naamwoord) ________ as die vrou
hom 'n "woonstelrot" noem en hy is (woede – gee 'n afgeleide
byvoeglike naamwoord) wanneer hy wegstap.
|
9.
|
Barries se pa
was twee keer (trou – gee die regte vorm) ________, maar elke huwelik was 'n
(sukses – gee 'n antoniem) ________
|
10.
|
Barries se pa
was 'n (alkohol – gee 'n afgeleide persoonsnaam), maar volgens sy ma is hy
nou 'n (afskaffer – gee 'n sinoniem) ________
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking