Woensdag 06 Mei 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 1

SINSTRUKTURE (vervolg)

B.       GEMENGDE OEFENING

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1.
Barries en sy vriende is in sy kamer en gesels oor die aand se planne by die klub.

Barries en sy vriende is in sy kamer waar hulle ...


2.
Barries se ma laat hom nie toe om dagga in die woonstel te rook nie.

In die toekoms ...


3.
Sy hoop Barries kom nugter huis toe sodat hulle kan praat.

Sy hoop dat ...


4.
Barries moet eerder by die huis bly en sy huiswerk doen.

Barries behoort ... sodat ...


5.
Barries se ma het 'n interdik teen sy pa verkry sodat hy Barries nie kan aanrand nie.

'n Interdik ... sodat Barries ...


6.
Barries wil niks met sy pa te doen hê nie, want hy het hulle verlaat toe Barries klein was.

Omdat Barries se pa ..., ...


7.
Barries kry asma en krampe in sy bene, daarom kan hy nie meer trappe klim nie.

Barries kan nie meer trappe klim nie omdat ...


8.
Sy ma dink dit is simptome van die dagga wat hy rook.

Volgens ...


9.
Barries se ma gaan daardie aand uit en sy gee vir hom geld om vir hom en sy vriende pizza te gaan koop.

Barries se ma het besluit om ..., daarom gee sy vir hom geld sodat ...


10.
Barries koop kondome en dagga voordat hy deur Theo-hulle opgelaai word.

Barries besluit om ... voordat Theo-hulle ...




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking