Woensdag 06 Mei 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 1

SINSTRUKTURE

A.       DIREKTE EN INDIREKTE REDE

Skryf die sinne hieronder in die direkte of indirekte rede oor soos aangedui:

1.
Barries vertel dat hy gedurende die vakansie vir sy pa rottegif gaan ingee.

Barries sê: " ..."


2.
"Ek wil hê my pa moet ly soos ek gely het toe ek klein was," sê hy.

Barries sê dat ...


3.
Lizette smeek hom om dit nie te doen nie – hy is nie die enigste een met pa-probleme nie.

Lizette smeek hom: " ... – jy is nie die enigste een wat ..."


4.
Theo bied aan dat hulle met sy motor klub toe kan gaan.

Theo bied aan: "..."


5.
Barries wil sonder beskerming seks met Lizette hê, maar sy sal dit nie toelaat nie.

Barries sê: "Lizette, ...", maar sy sê: "..."


6.
Sy beskuldig Barries daarvan dat hy in die laaste tyd baie roekeloos geword het.

Sy sê: "Barries, ..."


7.
Barries se ma sê hy moet sy vriendskap met Theo en Floris beëindig, want hulle is 'n slegte invloed.

Barries se ma sê: "Barries, ..., want hulle is nie ..."


8.
Barries sê: "Floris en Theo is my vriende en Ma moet dit so aanvaar."

Volgens Barries ...


9.
Barries wil weet of sy ma ooit met iemand wat baie jonger is, sal uitgaan.

Sy antwoord: "Nee, ..."


10.
Barries se ma versoek: "Kom asseblief nugter huis toe sodat ons kan gesels."

Barries se ma versoek dat ...




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking