Vrydag 08 Mei 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 2
              
B        Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1.
Jumbo Kruger sal Barries-hulle by die klub uitgooi as hulle hul nie kan gedra nie.

Jumbo Kruger sal nie huiwer ... as hulle hul nie kan gedra nie.


2.
Wanneer 'n dronk man aan Lizette se boud vat, vererg Barries hom.

'n Dronk man ... en ...


3.
Hy stamp die man met sy kop en die man val bewusteloos op die grond neer.

Met sy kop ..., en dan ...


4.
Barries koop dwelms en 'n masjientjie om sy eie daggasigarette te rol.

Barries koop dwelms en 'n masjientjie sodat ...


5.
Barries is beledigend teenoor Butcher en dit maak hom aggressief.

Wanneer ..., ...


6.
Hulle besoek 'n tweede klub waar hulle dwelms gebruik. Barries het nog nooit so goed gevoel nie.

Hulle besluit om ... Dis die beste wat...


7.
Dis vir Theo moeilik om op die pad voor hom te fokus.

Dis nie ...


8.
Barries sien bloed teen die motor se voorruit en Lizette sê dat die ongeluk sý skuld was.

Barries sien bloed teen die motor se voorruit en Lizette sê: " ... "


9.
As Barries na die flits in die man se hand slaan, kry hy 'n harde klap teen die kant van sy kop.

Barries ..., gevolglik ...


10.
Barries se bene swik onder hom en hy beland met sy gesig op die sypaadjie.

Nadat ..., ...


 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking