HOOFSTUK 2
WOORDSTRUKTURE
Voer die opdragte tussen hakies uit:
1.
|
Die naam Jumbo dui aan dat die klub se (uitsmyt
– gee 'n afgeleide naamwoord) ___ 'n (reus – gee 'n afgeleide byvoeglike
naamwoord) ___ man is. Hy is (taai –
gee die intensiewe vorm) ___ en (fris – gee die vergrotende trap) ___ as Theo
gebou.
|
2.
|
Lizette dink
Floris en Theo se meisies is twee regte (slet – gee die meervoud en verkleining)
___, veral Theo (se, s'n, sin – kies die regte woord) ___.
|
3.
|
As 'n (baie
dronk – gee die intensiewe vorm) ___ man aan Lizette se boud vat, stamp Barries
hom met sy kop tussen sy (oog – gee die meervoud) ___ en die man val op die
grond neer.
|
4.
|
Barries-hulle
gaan na Butcher se (winkel – gee die verkleining) ___ om dwelms te koop. Hy
verkoop (various – gee die Afrikaans)
___ goed daar en (protect – gee die
Afrikaans) ___ homself met 'n haelgeweer teen (gevaar – gee 'n afgeleide byvoeglike
naamwoord) ___ mense.
|
5.
|
Barries het (recently – gee die Afrikaans) ___
rottegif by Butcher gekoop en Butcher wil weet wie hy hierdie keer wil (gif –
afgeleide werkwoord) ___.
|
6.
|
Butcher
beweer dat sy dwelms (suiwer – gee die vergrotende trap) ___ as ander dwelms
is, maar Barries weet dis 'n (lieg – gee 'n afgeleide naamwoord) ___.
|
7.
|
Butcher het
al voorheen vir Barries (gelieg – gee 'n sinoniem) ___ oor die (gehalte – gee
'n sinoniem) van sy dwelms.
|
8.
|
(A.g.v. –
skryf in woorde) ___ die dwelms sukkel Theo om op die pad te (fokus – gee 'n
sinoniem) ___ en hy ry 'n man raak.
|
9.
|
Intussen is Barries
(nie bewus – gee een woord) ___ van wat aangaan omdat hy so (dwelm – gee 'n
afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ is.
|
10.
|
Barries sien die
bloed teen die Kadett se (versplinter – gee 'n afgeleide deel-woord) ___,
(induik – gee 'n afgeleide deelwoord) ___voorruit en skrik groot.
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking