Maandag 18 Mei 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 5

B.       Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1.
Kaptein Mfeka neem Barries hospitaal toe om die beseerde slagoffer te sien.

Barries ... sodat ...




2.
Twee polisiemanne gaan die woonstel binne en hulle deursoek dit vir dwelms.

Twee polisiemanne gaan die woonstel binne om ...




3.
Barries moet al die plekke uitwys waar hy dwelms koop.

Barries hoef ...




4.
Kaptein Mfeka vra: "Is daar nog êrens plekke wat jy vir ons moet wys?"

Barries antwoord: "Nee, ..."




5.
Barries dink Butcher sal hom doodmaak as hy vir die polisie sy winkeltjie gaan wys.

Barries is bang dat ... as hy vir die polisie gaan wys waar ...




6.
Sersant Schreuder moet foto's neem van die plekke wat Barries vir hulle wys.    

Foto's ... van die plekke wat Barries vir hulle wys.




7.
Kaptein Mfeka wil weet: "Koop jy gereeld dwelms by Butcher, Barries?"

Kaptein Mfeka wil by Barries weet ...




8.
Barries is versigtig as hy dwelms by die kosstalletjie koop.

In die toekoms ... as hy besluit om ...




9.
Barries vertel vir sy ma dat hy sy pa op die plaas gaan vergiftig, maar sy glo hom nie.

Barries sê: "Ma, ..." Sy sê egter: "..."




10.
Die polisie het Barries se buskaartjie afgelewer. Hy vertrek die volgende dag.

Barries se buskaartjie ... en hy sal ...





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking